Kortjas probeer opnuut met Roulien vrede maak oor ’n ingrypende lewensbesluit. Breggie kry ’n huweliksaansoek - en dan is dit Sanna se beurt om Tony heeltemal onkant te vang. Die meisies stel vir Hennie ’n ultimatum, en dan gebeur die ondenkbare.