Logo

Vir slegs een naweek: Stroom enige kanaal op DStv-Premium

Nuus
12 Maart 2020
Vanaf 14-15 Maart, kan DStv-intekenaars op enige pakket all die DStv kanale regstreeks stroom deur die DStv Now-toep.
Billboard 1600 x 640

Totale toegang, die hele naweek

Vanaf 14-15 Maart, kan DStv-intekenaars op enige pakket* all die DStv kanale regstreeks stroom deur die DStv Now-toep.Dit beteken dat intekenaars op EasyView, Access, Family, Compact en Compact Plus al die programme van die DStv Premium pakket kan kyk deur die DStv Now-toep af te laai.
* Indiër, Frans en Portugese-pakkette word nie ingesluit nie.

Wat is DStv Now?

DStv Now is 'n gratis stroomdiens beskikbaar vir alle DStv-intekenaars. Dit is die aanlyn weergawe van DStv, 'n manier om DStv te kyk op omtrent enige toestel! Op DStv Now sal jy dieselfde kanale kan kyk as op jou dekodeerder, maar eerder op jou slimfoon, tablet, skootrekenaar, rekenaar, slim-TV of Xbox. Al wat jy moet doen is om te registreer!

Kry die DStv Now-toep
Geniet DStv Now as deel van jou DStv-pakket, en neem jou gunsteling reekse, flieks en sport saam jou, waarokal jy mag gaan.
Laai die toep af vir Android of iOS en begin kyk.

Kyk die beste sport en vermaak op DStv Now
Sport-liefhebbers, juig! Al die SuperSport-kanale sal beskikbaar wees op die DStv Now-toep.

Hier is ons top-keuses wat regstreeks uitgesaai word:
Krieket
Sondag 15 Maart: Australië vs Nieu-Seeland 2de ODI, 1:20 tot 9:45 op SS2
Sondag 15 Maart: Indië vs Suid-Afrika 2de ODI, 9:45 tot 18:30 op SS2
Golf
Saterdag 14 Maart: The Players Championship Dag 3, 20:00 tot 1:00 op SS5
Sondag 15 Maart: The Players Championship Dag 4, 19:00 tot 0:00 op SS5
Rugby
Saterdag 14 Maart: Vodacom Super Rugby, Blues vs Emirates Lions, 5:20 tot 7:30 op SS1
Saterdag 14 Maart: Vodacom Super Rugby, Reds vs Vodacom Bulls, 10:10 tot 12:30 op SS1
Saterdag 14 Maart: Vodacom Super Rugby, Cell C Sharks vs DHL Stormers, 15:00 tot 17:20 op SS1
Saterdag 14 Maart: Ses Nasies, Wallis vs Skotland, 16:10 tot 18:15 op SS5
Saterdag 14 Maart: Ses Nasies, Italië vs Engeland, 18:35 tot 20:45 op SS1
Saterdag 14 Maart: Ses Nasies, Frans vs Ierland, 21:50 tot 0:00 op SS1
Sondag 15 Maart: Vodacom Super Rugby, Brumbies vs Waratahs, 7:00 tot 9:00 op SS1
EFC
Saterdag 14 Maart: EFC 84 - Welterweight Title Fight, Themba Gorimbo vs Lyle Karam 19:30 tot 23:00 op S11
Formule 1
Sondag 15 Maart: Australian Grand Prix, hoofwedloop, 7:05 tot 9:00 op SS5
Sokker
Sondag 15 Maart: EPL, Tottenham Hotspur vs Manchester United, 18:20 tot 20:30 op SS3


WENK: Te veel om te kyk en te min tyd. Met die DStv Now-toep kan jy jou gunsteling program en sport op dieselfde tyd stroom op twee verskillende skerms.

Nog programme om te kyk hierdie naweek op die DStv Now-toep:

Op Saterdag 14 Maart:
Fiësta (heruitsending) op kykNET (144) om 18:00
Hotel (heruitsending) op kykNET (144) om 19:30
Ouma se Slim Kind op kykNET (144) om 20:00
The DStv Mzansi Viewer’s Choice Awards LIVE on Mzansi Magic (161) from 20:30

Op Sondag 15 Maart:
Tyd met Aleit op op kykNET (144) om 17:30
Kwêla op kykNET (144) om 18:00
Bravo! op kykNET (144) om 19:30
Die Byl op kykNET (144) om 20:00
Women of Impact: Changing The World on National Geographic (181) at 21:00

Sondaagaand Flieks:
Trapped - The Alex Cooper Story op Lifetime (131) om 19:20
Drunk Parents op M-Net om 20:05
The Sun Is Also A Star op M-Net Movies Premiere (104) om 20:15

Iets vir die jongspan:
Fliek: Shrek Forever After op Saterdag 14 Maart op M-Net (101) om 15:30
Henry Danger S5 op Saterdag 14 Maart op Nickelodeon (305) om 19:20

Hoe om te registreer vir DStv Now

  1. Gaan na die webverf, now.dstv.com en kliek op die Sign Up-knoppie.
  2. Vul jou epos-adres en selfoon nommer in en kies 'n sterk wagwoord.
  3. Kliek op Create an Account.
  4. Die volgende stap is om jou DStv-rekening met die DStv Now aanlyn-stroomdiens te koppel.
  5. Vul die DStv rekeninghouer se ID-nommer, jou slimkaart-nommer of jou DStv-kliënte nommer in.
  6. Nadat jy DStv Now met jou DStv rekening gekoppel het, sal jy 'n bevestigings-epos ontvang.
  7. As jy op jou skootrekenaar of rekenaar wil inteken, gaan na die webwerf now.dstv.com en gebruik die epos-adres en wagwoord wat jy gebruik het om te registreer.
  8. Of laai die toep af (Android Apple) op jou slimfoon, tablet, slim-TV of Xbox, teken in en begin kyk.

Maak seker jy het genoeg data vir die DStv Now oop naweek

Vodacom: Koop 1GB video-stroom data-bundel vir slegs R50 via USSD deur *135# te skakel of deur die My Vodacom-toep. 
Telkom: Koop Telkom 1GB video-stroom data-bundel vir slegs R40 via USSD deur *180# te skakel.
MTN: Koop die MTN 5GB video-stroom data-bundel vir slegs R159 deur *142# te skakel of deur die MTN-toep.