Logo

‘Vir Altyd’… in ’n oomblik

Nuus
21 Augustus 2015
Vir Altyd begin op 12 Februarie 2016 in teaters draai. Lees meer oor dié fliek hier.
VirAltyd 01

Tydens beste vriende Nina en Hugo se grootwordjare was daar nooit ’n tekort aan avonture nie, maar nou is daar net pynlike herinneringe van die verlede oor.

Op die ouderdom van 28 keer Hugo (Ivan Botha), ’n suksesvolle reisfotograaf, vir die eerste keer ná tien jaar terug na sy ouerhuis in die Paarl – onbewus daarvan dat dit die vooraand is van Nina (Donnalee Roberts), ’n aspirant-sprokiesboekskrywer en eienaar van ’n karaktervolle boekwinkel, se sprokiestroudag.

Kyk hier na ’n video van Vir Altyd se première in Johannesburg.

Hugo word onverwags deel van Nina se groot dag. Nina se mooiste oomblik verander in ’n verwoestende storm wanneer Retief, haar aanstaande, nie trou aan haar kan beloof nie, en haar alleen voor die kansel laat.

Die histeriese Nina het ’n spogtroue gereël en dring daarop aan om voort te gaan daarmee, met of sonder haar bruidegom. Die sjampanje vloei en na ’n lang aand van groot partytjie, skrik Nina en Hugo in ’n vliegtuig wakker, terwyl die loods se stem hulle by Mauritius, die tropiese eiland van liefde, verwelkom.

Joshua na die Reën het die temalied vir die fliek Vir Altyd neergepen. Kyk hier na die musiekvideo.

In Mauritius ontmoet hulle twee getroude paartjies: die Bothas, wat op ’n tweede wittebrood is om hul huwelik te probeer red, en die Van Zyls, op vakansie ter viering van hul goue huweliksherdenking.

Vir Altyd word op 13 Junie 2016 op DVD uitgereik.

34 viraltyd 03


Niks kon Hugo en Nina egter voorberei vir die avontuur wat vir hulle voorlê. Hul “wittebrood” hou meer as wit strande en watervalle in; die seer van die verlede word oopgekrap en ou liefde kan nie meer ontken word nie. Die werklikheid daag egter ontydig op en dreig om Hugo en Nina se fantasie te verwoes.

Slegs Nina kan haar toekoms bepaal. Gaan sy betyds besef dat dit nie die gelukkige einde is wat saak maak nie, maar eerder die avontuur daarheen?

34 viraltyd 01


Vir die jongste oor kykNET-flieks, klik hier.

34 vir altyd