Logo

Vir Altyd: Damesaand

Nuus
27 Januarie 2016
Bespreek nóú jou kaartjies vir ’n voorvertoning van die nuwe fliek Vir Altyd op 3 Februarie! Slegs vir dames!
Vir Altyd Dames
kykNET en Ster-Kinekor bied op 3 Februarie 2016 spesiale voorvertonings van die fliek Vir Altyd vir dames by teaters regoor die land aan!

Bring jou ma, vriendin of suster en kom geniet dié nuwe plaaslike fliek, met onder andere Ivan Botha en Donnalee Roberts, voor dit die silwerdoek amptelik op 12 Februarie 2016 tref!

Bespreek kaartjies hier.

Tydens beste vriende Nina en Hugo se grootwordjare was daar nooit ’n tekort aan avonture nie, maar nou is daar net pynlike herinneringe van die verlede oor.

Op die ouderdom van 28 keer Hugo (Ivan Botha), ’n suksesvolle reisfotograaf, vir die eerste keer ná tien jaar terug na sy ouerhuis in die Paarl – onbewus daarvan dat dit die vooraand is van Nina (Donnalee Roberts), ’n aspirant-sprokiesboekskrywer en eienaar van ’n karaktervolle boekwinkel, se sprokiestroudag.

34 viraltyd 02


Hugo word onverwags deel van Nina se groot dag. Nina se mooiste oomblik verander in ’n verwoestende storm wanneer Retief, haar aanstaande, nie trou aan haar kan beloof nie, en haar alleen voor die kansel laat.

Die histeriese Nina het ’n spogtroue gereël en dring daarop aan om voort te gaan daarmee, met of sonder haar bruidegom. Die sjampanje vloei en na ’n lang aand van groot partytjie, skrik Nina en Hugo in ’n vliegtuig wakker, terwyl die loods se stem hulle by Mauritius, die tropiese eiland van liefde, verwelkom.

Lees meer oor Vir Altyd.

Kyk die lokprent hier.

34 vir altyd