Logo

Villa Rosa: Interessante feite

Nuus
22 Maart 2016
Die laaste episode van die geliefde sepie Villa Rosa word op 31 Maart uitgesaai. Ons deel ’n paar interessante feite in die jongste uitgawe van kykNET se digitale tydskrif, Digityd.
Villa Rosa Emo Adams
Villa Rosa is die eerste sepie wat deur kykNET vervaardig is. Daar was intrige en drama, komedie en genoeg bekende gesigte om kykers vasgenael te hou. Gizela Arndt, publisiteitskoördineerder van die reeks, deel ’n paar interessante feite.

Wanneer is Villa Rosa die eerste keer uitgesaai?

4 Oktober 2004.

Hoeveel episodes is vervaardig?

’n Volle 2 283.

34 villa rosa liam

34 villa rosa moment

34 villa rosa moment 01

34 villa rosa vicky



Is daar enige spelers wat in elke episode was?

Nie elke episode nie – hulle was soms met verlof – maar Lieb Bester en Jaco Vermeulen was van dag een af by die reeks betrokke.

Wat was die vyf grootste storielyne?

Dis ’n moeilike vraag, want daar was baie, maar die vyf wat die meeste reaksie uitgelok het, was:

34 villa rosa therese benade


1. Astrid (Therese Benade) se dood.

2. Vicky (Yutamé Venter) se kind wat weggeneem is.

3. Shane Rix (Deon Coetzee) se dood.

4. Liam (André Lotter) wat vir Cardo (Danny Ross) dwelms gegee het.

5. Isabel (Chantell Stander) wat Liam aangehou het.

Watter bekendes was almal gasspelers?

34 villa rosa emo adams


Daar is só baie: Juanita du Plessis, Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Nianell, Zanne Stapelberg, Jan Braai, Snotkop, Hannon…

Lees die volledige artikel in die jongste uitgawe van kykNET se digitale tydskrif, Digityd.

Villa Rosa kom op 31 Maart 2016 tot ’n einde, waarna Getroud met Rugby, die sepie, in dieselfde tydgleuf uitgesaai gaan word.