Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Lui Maar Op Belinda

144Komedie13

Veteraanakteurs weer te sien in ‘Lui maar op, Belinda’

Nuus
14 Junie 2021
Die doyenne van Afrikaanse televisie snoer weer kragte saam vir ’n tweede seisoen van die kykNET-komedie, Lui maar op, Belinda. Van Maandag 5 Julie gaan Belinda saam met Annetjie, Ian, Frans, Dirkie en Maggie weer kykNET-kykers se lagspiere kielie.
BB

Die eerste seisoen van dié gewilde komedie is in 2019 op kykNET uitgesaai en die oorspronklike rolverdeling herenig vir die nuwe reeks van 13 episodes.

Brümilda van Rensburg speel weer die naamrol teenoor Annelisa Weiland (Annetjie), Eric Nobbs (Frans), Duncan Johnson (Ian), Wian Taljaard (Dirkie) en Carmen Maarman (Maggie).

Soos tevore speel die wel en weë van dié groepie aweregse karakters in Ian se hardewarewinkel in George af.

Verskeie ander bekendes soos June van Merch, Hannes van Wyk, Marco Spaumer, André Roothman, Melt Sierberhagen en Craig Adriaanse maak ook hul verskyning.

Die skryfspan bestaan uit Marcel Spaumer, Desiré Gardner en Corné van Rooyen, met Ben Heyns wat die regie behartig. Marcel en Desiré, wat tot onlangs in die kykNET-sepie, Suidooster, te sien was, was by die skryfproses van die vorige reeks betrokke, terwyl Corné voorheen die regie behartig het.

Volgens Brümilda is die nuwe reeks om weer eens ’n toonbeeld van vars komedie.

Lui maar op, Belinda is genotvol en die humor is baie skerp,” sê sy.

“Belinda is ’n dame met flair, maar sy hanteer verandering nie eintlik baie goed nie. Om ouer te word is nie vir haar maklik nie, en ’n plooi op die bo-lip herinner haar gereeld aan dié lot.”

“Tog het sy steeds drome en gee sy nogal om vir haar vriende en medemens.”

Annelisa Weiland moes vir die duur van Lui maar op, Belinda haar Suidooster-sepiekarakter, Kate, tydelik verruil vir Annetjie. Sy sê dat die Lui maar op, Belinda-span baie pret agter die skerms gehad het, en dat dit ook deurfilter na die episodes.

“Ons akteur het regtig goed van mekaar af gespeel, wat baie belangrik is as ‘n mens komedie doen,” sê sy.

“Ek geniet my karakter, Annatjie, vreeslik baie, want sy is eintlik heeltemal die teenoorgestelde van my. Sy is preuts, ouderwets en bietjie konserwatief, maar ek en Annatjie kan albei tog te lekker lag.”

Permanente rolverdeling

  • Brümilda van Rensburg - Belinda
  • Duncan Johnson - Ian
  • Annetjie - Annelisa Weiland - Annetjie
  • Carmen Maarman - Maggie
  • Eric Nobbs - Frans
  • Wian Taljaard - Dirkie