Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Verstaan só die punteleer – Kwarantyn

Nuus
09 Julie 2020
Lees hier hoe om die Kwarantyn-punteleer te verstaan ...
Kwarantyn Tune In Billboard 1600 x 640

Tydens die 50-dae in die Kwarantyn-huis, word die punte wat deur die families verower word saamgetel, en dit vorm 40% van hul finale telling. Die oorblywende 60% bestaan uit kykerstemme.

KYKERSTEMME
Kykers kry weekliks die geleentheid om vir hulle gunsteling-familielid te stem – alle individuele stemme vorm ’n gesamentlike telling vir elke familie.
Kykers kan elke week vanaf Woensdag om 21:00 stem, tot en met die volgende Maandag om 22:00.

Hiemee die familielede wat die meeste stemme ontvang het:
Rondte 1

  • Le Roux: Manie & Heinrich
  • Scheepers: Austin & Caryn

Rondte 2

  • Le Roux: Manie & Heinrich
  • Scheepers: Austin & Caryn

Rondte 3

  • Geen kykerstemme was getel nie

Rondte 4

  • Le Roux: Manie & Braam
  • Scheepers: Austin & Caryn

Kyk hier hoe en waar jy kan stem:

FAMILIE-OEFENURE
Die families het elk ’n mikpunt gehad om 90-ure se oefening te bereik.
Beide families het in week 3 hul mikpunt verby gesteek en het dus toegang tot die swembad en kroeg ontvang.

UITDAGINGS
Elke familie ontvang daagliks drie uitdagings: ’n Groepstaak, koskenades en ’n speletjie. Vir elke uitdaging word die wen-familie beloon met punte. Die familie met die meeste punte in elke rondte ontvang ’n R10 000-koopbewys. 

Die uitdagings se punte word weekliks bymekaar getel, vanaf die eerste uitdaging op 'n Dinsdag tot en met die laaste uitdaging op 'n Maandag. 

So lyk die tellings vir die families:
Rondte 1

  • Le Roux: 10 000
  • Scheepers: 10 000

Rondte 2

  • Le Roux: 13 500
  • Scheepers: 10 500

Rondte 3

  • Le Roux: 12 000
  • Scheepers: 13 000

Rondte 4

  • Le Roux: 11 000
  • Scheepers: 14 000

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Vanaf 13 Julie saai daar om 17:30 elke weeksaand ’n verkorte weergawe uit op kykNET&kie, kanaal 145 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, kanaal 144.