Logo
web uni tv guide

Die Groot Ontbyt

144AktualiteitPG

Versorg die versoger GEEleentheid: GROOTfm 90.5 gee groot – Die GROOT Ontbyt

Nuus
23 Februarie 2021
GROOTfm 90.5, en daarby saam kykNET se ontbytprogram Die GROOT Ontbyt, het gewys waar hulle harte lê en vir versorgers by vyf hospitale in die Tswane-metro die afgelope week met geskenkpakkies bederf.
Untitled design

Gesondheidswerkers regoor die wêreld is sedert Maart 2020 onder geweldige druk geplaas as gevolg van die Covid-19-pandemie. Nie net is hulle werksomgewing omver gegooi nie, die pandemie het ook ‘n invloed op hulle lewens tuis. Hulle onselfsugtigheid het egter keer op keer gewys dat hulle eerder aan ander dink as aan hulself.

Die span by GROOTfm 90.5 het besluit om ‘n veldtog van stapel te stuur om meer as 200 gesondheidswerkers elk met ‘n geskenkpakkie te bederf.

“Danksy die GROOTfm 90.5-gemeenskap kon ons, saam met die ambulansdienste van Emer-G-Med, Best Care en Ambulink, die pakkies by vyf hospitale aflewer,” sê Sonet Stofberg, skakelbeampte en projekbestuurder van GROOTfm 90.5 en Die GROOT Ontbyt. “Met geskenksakkies ter waarde van meer as R54 000,00 en ‘n totale finansiële bydrae van R48 000,00, kon ons ‘n groot verskil maak. Lede van die Tswane Metropolisie het ons die twee dae wat ons die pakkies afgelewer het vergesel om seker te maak ons kom veilig en vinnig by ons bestemmings aan.”

Sonet sê hulle is dankbaar vir almal wat kon help om die pakkies nog voller te maak. “Nativa met hulle Turbovite-lekkers, Plantland met geskenkbewyse, Imminadue met hulle Hoop-maskers, Imminadue-kapsules, Grobbelaars Begrafnisdienste vir die GROOTfm-span se beskermingsdrag, Sharon en Karin van Nutridry vir hulle Chaya-produkte, Fanus en Carol van Crackly’s en Afriforum Moot en die onderskeie Voortrekkerkommado’s wat met die pakwerk gehelp het.

“Danksy ons GROOT GEEmeenskap, is Unitas met 300 pakkies bederf, Pretoria-Wes Hospitaal met 365 pakkies, Montana Hospitaal met 250, Eugène Marais Hospitaal met 426 en Steve Biko Hospitaal met 800 geskenkpakkies. Ons wil hê elkeen van ons luisteraars en kykers moet weet dat hulle ‘n verskil aan ‘n versorger se gemoed gemaak het.”

Skakel weeksdae tussen 06:00 en 08:00 in vir Die GROOT Ontbyt en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #DieGrootOntbyt te gebruik.