Logo
Vet Kans
web uni tv guide

Vet Kans

144RealiteitsprogramPG

Verbrand vet en hou die gewig af – Vet Kans

Nuus
08 Oktober 2018
Is dit moontlik om gewig af te skud en dit af te hou?
Vet Kans A Billboard 1600 x 640

Vet Kans word aangebied in samewerking met Medi-Lean.

Medi-Lean is ’n mediese gewigsverliesprogram gebaseer op dr. Simeon se MCG-dieet (menslike chorioniese gonadotropien). MCG help die liggaam om van oortollige vet ontslae te raak, wat sodoende ekstra kalorieë beskikbaar stel vir jou liggaam om as energie te gebruik.

Lees ook: Waag ’n Vet Kans op ’n nuwe begin!

Die program word slegs aangebied deur mediese praktisyns met ’n spesiale belangstelling in gewig, voorkomende medisyne en gesondheid. Die fokus is spesifiek om die oorsaak van vetsug te behandel deur integrerende medisyne, om sodoende langdurige resultate te lewer.

Medi-Lean-dokters gebruik ’n holistiese benadering om die beste resultate te lewer. Die Medi-Lean-program word aangepas om aan elke pasiënt se unieke behoeftes te voldoen.

Die program bestaan uit MCG, aanvullings, vitamines en minerale, en dié kombinasie help om optimale gewigsverlies te bewerkstellig deur vet te verbrand, die pasiënt se metabolisme te herstel en sodoende te help om die gewig af te hou. Slegs abnormale, ongesonde vet word verbrand, terwyl spiermassa en gesonde vetstrore behoue bly. Aangesien energie uit die oormatige vetstore vrygestel word, ervaar jy nie uitermatige honger of lus – selfs al volg jy ’n lae-koolhidraat-dieet.

Lees ook: Ontmoet die deelnemers!

Medi-Lean se fokus is hoofsaaklik op langtermyn-resultate, en daarom word gesonde riglyne by jou alledaagse lewe aangepas om seker te maak die resultate is blywend.

Besoek Medi-Lean se webblad vir meer inligting.

Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden en word uitgesaai op Donderdae om 18:00 op DStv-kanaal 144. Moenie ’n oomblik van die opwindinde gewigsverliesreis misloop nie.