Logo
Projek Dina 2 – Slim
web uni tv guide

Projek Dina

144Drama16 VL

Veelsydige Louw het groot planne

Nuus
05 April 2022
Louw Venter, ook ’n uiters talentvolle skrywer en regisseur, is een van die gasspelers in die sesde episode van Projek Dina.
Projek Dina Artikel Image Ep 6

Vertel ons meer van jou karakter, Stanley Roux. Hoe het jy hom geskep?

Soos alle karakters is hy ’n bietjie van my en ’n bietjie van die wêreld waarin ek grootgeword het.

Was dit moeilik om die karakter te skep sonder om te veel van die storielyn weg te gee?

Nee wat. Die karakter is net “in die oomblik”. Solank ek getrou aan daardie impuls bly en die regisseur se leiding volg, is alles okei.

Jy is self ’n pa. Wat is die belangrikste lesse wat jy jou kinders leer?

Ek probeer gelukkig wees en na aan my beginsels te lewe. Ek hoop my kids kan iets daaruit leer.

Wat is jou planne vir die res van die jaar?

Ek skiet later vanjaar my tweede fliek waarvan ek regisseur is en hou myself intussen besig met ander regie-werk. (Louw was die skrywer en regisseur van Stam wat in 2020 die toekenning as beste Suid-Afrikaanse rolprent by die Durban Internasionale-filmfees gewen het.)

Is daar ’n groot projek wat jy nog graag wil aanpak?

Absoluut. Ek het ten minste twee vollengte films wat ek geskryf het en wat ek tans aan die gang probeer kry.

Wat sal jy graag aan die vermaakbedryf wil verander?

Ek sou graag wil sien dat akteurs meer besit kan neem oor die werk wat hulle doen en aanhou om bietjie geld te verdien wanneer ‘n fliek of reeks sy eie lewe kry. Ek hou ook daarvan om meer vrouens in die rol van regisseur, DOP (hoof van kinematografie), vervaardiger en so voort te sien.

Komedie of drama?

Wat is die verskil?

Jy en Rob van Vuuren het onlangs weer ’n Corné & Twakkie vertoning gedoen. Beplan julle nog optredes?

Ja! Ons doen weer ons nuutste show Woensdagaand 6 April by Kalkbay Theatre in Kalkbaai. Om te sien wanneer ons weer daar optree, gaan na www.kalkbaytheatre.co.za.  

Wat is jou lewensleuse?

Ek het nie ’n leuse nie, maar ek glo in die krag van liefde en menslikheid.  

Skakel elke Dinsdagaand om 20:00 in vir 'n nuwe episode van Projek Dina. Jy kan ook saam gesels op sosiale media deur die hutsmerk, #ProjekDina te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram