Logo
web uni tv guide

Vat Jou Goed En Trek

144RealiteitPG

‘Vat jou goed en trek’ wys hoe om te maak met eiendom

Nuus
18 September 2015
Vat jou goed en trek, ’n nuwe leefstylprogram met Henck Conrey as aanbieder, begin op 2 Oktober om 17:30.
Vat jou goed en trek

Vat jou goed en trek, ’n nuwe leefstylprogram met Henck Conrey as aanbieder, begin op 2 Oktober om 17:30.

Eiendom is ’n groot belegging, maar hoe gemaak wanneer jou huis nie meer aan jou behoeftes voldoen nie? Jy vat jou goed en trek!

Makliker gesê as gedaan? Vat jou goed en trek wys gesinne presies hoe om dit te doen. Deur die loop van die reeks ontmoet ons 13 gesinne wat sukkel om hul eiendom te verkoop. Met behulp van ons eiendomsagente, binnenshuise ontwerper en span nutsmanne, help ons hulle om hul eiendomme op te knap en skou-gereed te kry met die doel om te verkoop.

Die Vat jou goed en trek-span het slegs 72 uur om die nodige veranderinge aan te bring voordat die eiendomme aan potensiële kopers geskou word.

Huis, paleis of pandok? Selfs al is jy ’n huurder, of stel bloot in doen-dit-jouself-programme belang, Vat jou goed en trek sal jou wys hoe om waarde by jou woning te voeg.