Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Vanes-Mari word deel van die Kwêla-familie

Nuus
29 Januarie 2019
Lees meer.
Kwela_VanesMari

Foto: Chanel Diesel

Vanes-Mari Proudfoot, die Protea-netbalspeler wat veral bekendheid verwerf het as een van die sterre van M-Net se Dancing with the Stars-program, gaan nou haar debuut op kykNET maak as deel van die Kwêla-familie.

Volgens die 29-jarige Vanes-Mari, is dit vir haar ’n wonderlike vooruitsig om een van Kwêla se veldaanbieders te word.

“Dit voel vir my onwerklik, maar tog baie opwindend om by Kwêla aan te sluit,” sê sy.

“Om deel te word van so dinamiese span, wat help om Suid-Afrika se mooiste stories te vertel, is ’n groot voorreg!”


Hannes van Wyk en Vanes-Mari Proudfoot.

Vanes-Mari noem ook dat Kwêla ’n program is wat ’n instelling op Afrikaanse televisie is en wyd gerespekteer word.

“Ek het nog altyd die diepte van die stories en die gehalte van die produksie bewonder.

Kwêla se stories gaan immers oor gewone mense wat buitengewone dinge doen, en ek gaan alles in my vermoë doen om reg aan al hierdie inspirasie te laat geskied,” sê Vanes-Mari.

Kykers kan vir Vanes-Mari die eerste keer Sondag, 3 Februarie, op kykNET om 18:00 sien as sy by Hannes van Wyk op die Kwêla-bank kom kuier.

Vanes-Mari se eerste insetsel word ook dan uitgesaai waar sy kennis maak met Liesl Schoonraad van Melkbosstrand, ’n sterk vrou wat haar kragte inspan om op te staan vir ander.

Kwêla is Sondae om 18:00 te sien op kykNET, DStv-kanaal 144.