Logo

Uitvlucht: Damesaand

Nuus
02 Mei 2016
Ster-Kinekor bied op 4 Mei 2016 spesiale voorvertonings van die fliek Uitvlucht vir dames (mans is ook welkom) by teaters regoor die land aan.
Uitvlucht Dames

Ster-Kinekor bied op 4 Mei 2016 spesiale voorvertonings van die fliek Uitvlucht vir dames (mans is ook welkom) by teaters regoor die land aan.

Die fliek sal by die volgende teaters vertoon word op 4 Mei:

Brooklyn, Pretoria
Mimosa Mall, Bloemfontein
Cradlestone Mall, Krugersdorp
Tygervallei, Kaapstad
Eastgate, Johannesburg
Kolonnade, Pretoria
Garden Route, George

Bespreek kaartjies hier.

34 uitvlucht still 2

34 uitvlucht still 3



Uitvlucht vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n behoudende middelklas-vrou wat in ’n buite-egtelike verhouding alles verloor wat saak maak in haar lewe. In haar gebrokenheid kry sy werk op ’n plaaskooltjie met die naam Uitvlucht.

Soos wat sy die kan wurms waarmee sy gekonfronteer word stelselmatig uitpluis, begin haar eie restorasie plaasvind en leer sy om haarself te vergewe. Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok (Stian Bam), ’n sagte vriendskaplike boer wat Uitvlucht besoek en Anna bevriend, vind sy die moed om haarself en die mense rondom haar weer op te bou.

Sy kry egter nie net met haar eie probleme te doen nie, maar ook met ouers se drankmisbruik, kinders wat gemolesteer word en ongenaakbare mense, wat geen ontsag het vir hulle eie lot nie.

Lees meer oor die fliek hier.

34 uitvlucht dames