Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 24: Uitstaan-oomblikke in huis-Le Roux – Kwarantyn

Nuus
03 Julie 2020
Hier is ’n paar uitstaan-oomblikke vanuit die Le Roux-huis.
Le Roux uitstaan oomblikke

Kyk, teen dié tyd weet ons daar is nooit ’n vervelige oomblik in die Le Roux-huishouding nie. Hier is 'n paar oomblikke wat nie net ons laat skater het van die lag nie, maar wat ook ons hartsnare geroer het:

LEES OOK: ONS LAG LEKKER VIR DIE SCHEEPERS

  1. Lief vir pa:
    Dit was ’n besonderse oomblik toe Adriaan vir Vadersdag ’n spesiale boodskap met sy pa op regstreekse-TV gedeel het. 

     
  2. Poets jou hier en poets jou daar ...:
    Adriaan is al baie bekend vir die poetse wat hy so gereeld bak. En soos tyd in die Kwarantyn-huis aanstap, verfyn hy dié talent.

     
  3. Wie loop daar?:
    En wie sal die eerste skrikmaak vergeet? Ons sal nog lank dié Scheeperse reaksie onthou van hul eerste aand in die Kwarantyn-huis.

     
  4. Sweef soos ’n arend:
    ​Aanhouer wen – dié gesegde raak by die dag duideliker in die Le Roux-huis. Soos die keer toe Lisa en Adriaan aanhou probeer het totdat hulle uiteindelik een van die Scheepers-familie se oefenroetines regkry.

     
  5. ‘Veels geluk, Lisa’:
    Ons was gek oor die spesiale video wat die produksiespan vir Lisa se 26ste verjaarsdag met haar gedeel het.

     
  6. ‘Happy birthday to me’:
    En natuurlik die oulike video van Lisa wat vir haarself sing op haar verjaarsdag …
    https://www.instagram.com/p/CCDZ3-rA8Rp/
     
  7. Word wakker!:
    Ons het lekker gelag vir Manie se reaksie toe die Kwarantyn temaliedjie vroegoggend begin speel. 

     
  8. Bekommerde bure:
    Hoe kosbaar was die oomblik toe Pamela en Austin op Vadersdag vir Braam troos met ietsie soets, voor Manie terug verwelkom word in Kwarantyn nadat hy sy blindederm moes verwyder?

     
  9. “I’m a Barbie Girl”:
    In ’n onlangse peiling het kykers besluit dat Heinrich ’n pienk pruik vir die hele dag moet dra. Die oomblik was onvergeetlik toe hy alleen in die sitkamer sit en die perfekte liedjie vir die perfekte uitrustig sing …
  10. Vlooi in die kooi:
    Ons kan vir Vlooi heeltyd dophou. Veral wanneer sy vir haar 'n warm plekkie in haar bed skrop. 

Watter oomblikke het vir jou uitgestaan? Deel dit met ons op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerk #Kwarantyn te gebruik.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.