Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Tweede kanse! – Kunsvlyt 3

Nuus
20 Augustus 2019
Dié week het ons kunsvlyters iets nuut van ou denims gemaak.
Kunsvlyt_Web

Kunsvlyter Danielle Nortier het dié week se uitdaging gewen. Só het sy nuwe lewe in ou denims geblaas:

Jy benodig: 

  • Twee volledige ou denims
  • ’n Halwe meter addisionele denim lap van Metro Lifestyle
  • Brother-naaldwerk en omkapmasjien
  • Garing van Metro Lifestyle
  • Naaldwerk merk kryt van Metro Lifestyle
  • Maatband van Metro Lifestyle
  • Kopspelde van Metro Lifestyle
  • Naalde van Metro Lifestyle

Stappe: 

Stap 1

Neem die eerste denim 1 en sny die gedeeltes van die patroon soos benodig daaruit. Sny nou die bene van die tweede denim af in ’n afsirkel vorm. Die romp gedeeltes gaan hieraan vasgewerk word. Gebruik die addisionele denimlap vanaf die Metro rak en sny ’n driehoek uit wat deel vorm van die agterpant van die romp. Stik nou die driehoekgedeelte en die patroon gedeeltes wat jy uit die eerste denim gesny het aanmekaar vas. 

Stap 2

Gebruik die omkapmasjien om al die nate af te werk, en die naaldwerkmasjien om die romp en bokant aanmekaar te stik.

Kyk hier na die foto’s:
Gallery

As jy hou van wat jy sien, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.