Logo

Twee stel nuwe enkelsnit bekend

Nuus
23 November 2015
Die wenners van 2015 se Afri-Visie-kompetisie, Twee, se nuutste enkelsnit is uiteindelik hier!
Twee
Die wenners van 2015 se Afri-Visie-kompetisie, Twee, se nuutste enkelsnit is uiteindelik hier!

“Piekniek vir Twee” is die opvolg waarop aanhangers gewag het. Klik hier om te luister.

Twee, oftewel Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers, het in Mei 2015 geskiedenis gemaak toe hulle as die eerste wenners van kykNET se Afri-Visie aangewys is. Dié liedjieskryf-kompetisie het 1570 nuwe musiekskeppings die lig laat sien deur meer as 400 liedjieskrywers van regoor Suid-Afrika en Namibië.

Kleinhans en Rademan-Viviers het mekaar drie jaar gelede ontmoet in Kaapstad en in 2014 is Twee gebore.

Die duo beplan ’n toer, wat in 2016 sal afskop, in samewerking met ander groot name in die bedryf.