Logo

Trans Agulhas-resies spring weg in Desember

Nuus
06 Julie 2015
Die Trans Agulhas-wedvaart vir rubberbote spring vanjaar op 28 Desember weg, wanneer die eerste skof tussen Plettenbergbaai en Mosselbaai begin.
Trans Agulhas 2

Die Trans Agulhas-wedvaart vir rubberbote spring vanjaar op 28 Desember weg, wanneer die eerste skof tussen Plettenbergbaai en Mosselbaai begin. Die tweede skof gaan tussen Mosselbaai en Stilbaai wees, waarna die rubberbote na Struisbaai, dan Gansbaai en uiteindelik die Strand gaan vaar.



Die deelnemers gaan dus in vyf dae vyf skofte oor meer as 700 km moet voltooi. Daar sal elke dag op die verskeie strande vermaak in die vorm van ’n musiekverhoog wees, en belangstellendes sal aan Die Burger se Plusster-kompetisie kan deelneem. BOK Radio sal ook regstreeks vanaf die strande uitsaai.



Borge kan Marius Opperman van Trio Events kontak by [email protected]. Gaan na Trans Agulhas se webblad vir meer inligting oor die wedvaart.