Logo

Tracey Lange is verloof!

Nuus
11 September 2019
Die Bravo!- en Tussen Ons-aanbieder het verloof geraak aan haar kêrel, Avukile Mabombo.
IMG-20190911-WA0013

Tracey Lange het ja gesê toe Avukile Mabombo die groot vraag gevra het op die sewejaar-herdenking van die dag wat hulle ontmoet het. Boonop het Avu het vir Tracey bederf met ’n spesiale ontbyt wat deur ’n privaat-sjef voorberei is.

Die sprankelende Bravo!- én Tussen Ons-aanbieder en die 36-jarige bemarkingsdirekteur is al vir vyf jaar in ’n verhouding.

Tracey het aan ons verklap: “Ons is bly dat ons ’n rukkie gehad het om die nuus net vir onsself te hou, mekaar te kon geniet en die tyd met geliefdes te kon deel. Soos per Avukile se tradisies het die ooms ook al bymekaar gekom en heerlik gekuier. Ons is nou uiters opgewonde om die bal aan die rol te sit.”

Die paartjie het nog nie ’n troudatum vasgestel nie.