Logo
Alles Malan
web uni tv guide

Alles Malan

144DramaPG13

Totsiens Malans

Nuus
01 Oktober 2019
Waar los ons die Malan's?
ALLES MALAN 1 (1)

Na Frik Malan en sy familie teruggekeer het van Engeland na Suid-Afrika toe, was dit baie vinnig duidelik dat almal op hulle eie manier verander het. Aanhangers het elke Dinsdagaand saam gekyk hoe die Malan’s deur geheime, lekker tye, en trane mekaar van vooraf leer ken het – Hoe dan anders as meeste van die Malan’s ’n huis gedeel het?. Maar jy wonder seker al: Waar los dit die Malan’s?

Derik Malan

Derik het ’n moeilike jaar gehad met sy swak gesondheid en besigheids-probleme, waar hy amper Malan vervoer finaal verloor het. Tenspyte van alles, kon hy vrede met sy oudste seun maak én sy verhouding met sy geliefde-Brenda verbeter.

Brenda Malan

Brenda, die Malan’s se rots, het keer op keer gewys dat sy die gom was wat die familie saamgebind het. Sy het haar welverdiende beloning gekry toe sy al haar kinders by haar op Kersdag gehad het.

Frik Malan

Frik wou altyd die perfekte familie hê, maar dit het ’n paar moeilike lesse geneem vir hom om te besef dat dit juis die imperfeksies is wat mense op die ou einde so spesiaal maak en ’n familie aan mekaar verbind.

Tessa Malan

Tessa het haar loopbaan as ’n regter prysgegee vir Elani en Freek. Sy kon darem vir Elani deur donker tye help, maar nou moet sy deur haar hartseer werk omdat Freek ’n tweede moederfiguur ontmoet het.

Elani Malan

Met haar familie en Johan se hulp, kon Elani haar matriek-jaar en swangerskap oorleef. Nou het sy ’n pragtige seuntjie vir wie sy ’n toekoms moet skep. Sy moet net versigtig trap noudat Allen weer in die prentjie is.

Freek Malan

Freek se nuwe skooljaar was nie maklik nie. Hy moes probeer nuwe vriende maak en boonop het hy sy identiteit bevraagteken. Alhoewel hy nooit ’n ander ma as Tessa sou kies nie, het hy ’n oombliklike konneksie met sy biologiese ma gevoel.

Nico Malan

Dit was Nico se jaar om groot te word en drastiese stappe te neem om sy drome na te jaag. Na hy amper vir Lee-Anne verloor het, het Nico uiteindelik besef dat hy alles moet doen om by sy droomvrou te bly.

Lee-Anne Izaacs

Lee-Anne was altyd lief vir Nico, maar haar liefde vir hom het daartoe gelei dat sy nooit vir haarself opgestaan het ​​nie. Toe sy haar stem vind, het Nico begin om vir haar te veg en nou sien sy kans vir haar verhouding met Nico.

Johan Brits

Johan was Elani se rots gedurende hulle matriek-jaar. Sy begrip oor Elani se situasie het hulle gevoelens en konneksie vir mekaar sterk gemaak. Johan het nog nooit oor iemand gevoel soos hy oor Elani voel nie.  

 

Kykers kon vir ’n volle jaar deel wees van die familie. In 13 weke het ons saam met hulle gelag en gehuil, gegroei en lewenslesse geleer. Ons kan maar net hoop om sommer vinnig weer by die Malan’s en die nuwe Malan’tjie te kan kuier.

Daar's geen haas om die Malan's te verlaat nie. Alles Malan is beskikbaar op DStv Catch Up.