Logo

Top-kykgenot in Julie

Nuus
24 Junie 2015
Warm kykgenot lê op kykNET voor om die koue te verdryf.
grm

Warm kykgenot lê op kykNET voor om die koue te verdryf.

Die derde seisoen van Wild & Wragtag begin op 1 Julie 21:00. Adam Tas is terug op sy aanbiederspos, saam met die veldaanbieder Jokl le Roux. Skaars wildsoorte word van nader bekyk, en kykers kan hul kennis van skiet-tegnieke en dissiplines uitbrei.

34 aanbieders 2


Oulap se Rooi, ’n dekorprogram wat moeë vertrekke opkikker, keer op 2 Julie 17:30 terug na die kassie – hierdie keer met die gewilde K2 Twins as aanbieders.

34 k2twins31


Die tweede seisoen van die satiriese geselsprogram Republiek van Zoid Afrika skop op 2 Julie 20:30 af, en kykers kan uitsien na heerlike gesprekke tussen die aanbieder Karen Zoid en haar gunsteling-denkers en merkwaardige mense.

34 rza epi1 091


Daar word weer kole gegooi op 3 Julie om 18:30 wanneer Jan Braai vir Erfenis terugkeer na die kassie. Die toer skop af deur die Boland voor daar koers gekies word na die Klein Karoo. Daar word ’n draai gegooi langs die kus voor die landgrense oorgesteek word en Jan Suid-Afrika se braai-geheime met die res van die wêreld gaan deel.

34 6r9a0316


Avontuurlustiges kan solank nader skuif vir die derde seisoen van SleepTV, wat op 3 Julie 21:00 begin. Aanbieders John-Henry Opperman en Beáte Opperman neem kykers in dié 13 episodes na woonwa- en kampeerbestemmings regoor Suid-Afrika.

34 kn sleeptv genericseries promo 940


Suid-Afrika se gunsteling gesondheid-en-skoonheidsreeks is terug. Maatband begin op 7 Julie 0m 17:30.

34 moria 6


Ons maak weer van nader kennis met interessante honderasse en ander vierpotige kinders wanneer die vyfde seisoen van Woef & Kie op 8 Julie 17:30 begin.

34 alana en puff


Op die Spel se doel is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar om in die proses algemene kennis, idiome en kreatiwiteit toets – alles in Afrikaans. Dié reeks begin op 14 Julie om 20:00.

34 os 3


Getroud met Rugby keer op 14 Julie 20:30 terug na die kassie vir ’n vierde seisoen van dié gewilde reeks, wat hom afspeel agter die skerms van professionele rugby.

34 vlcsnap 2015 05 12 06h29m25s113


Vooruitgang gebeur nie sonder verandering nie, en dís waar VeranderDinge in die prentjie kom. In dié reeks, wat op 19 Julie om 18:00 op kykNET en kykNET & Kie afskop, gesels aanbieders Ruda Landman en Kim Cloete met bekendes én gewone mense wat buitengewone dinge doen. Hul gaste is almal mense wat ’n nuwe rigting ingeslaan het, of besig is om ’n groot skuif in hul lewens te maak.

34 ruda en kim