Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 15: Almal maak flous-vleis – Kwarantyn

Nuus
24 Junie 2020
Vergeet van tjoppies en wors, man. Vanaand maak almal kos sonder dierproteïen (en dis smullekker).
Aandete 04

Het jy geweet sowat 50 000 Suid-Afrikaners aan die begin van 2020 toegeskryf aan ‘n vleis-vrye of minder vleis leefstyl?

Dis nie ‘n trend nie, mense begin al hoe meer kyk hoe hulle minder vleis (wat ook lekker duur kan word) kan verminder in hul dieet – en gesonde groente en proteine eerder begin inlsuit.

Terwyl baie mense veganisme net as ‘n foefie sien, is daar besonderse redes hoekom baie oorskakel na die tipe dieet.

Reg oor die heelal kies meer mense om minder aan vlees te peusel omdat dit minder aardsvernietigende-gasse die atmosfeer in stuur, dis gesonder vir jou, en dis uiteindelik baie, baie lekker.

Vanaand maak almal vegan-hoendervlerkies uit blomkool (in Boston, Amerika, staan dit bekend as 'Buffalo Wings'). Die gereg is die geurige bewys dat nie alle kos eers moet uitbloei voor dit op die tafel kom.

LEES: Pittige gebraaide blomkool-happies

Terwyl #SpanScheepers en #SpanLeRoux beslis in ‘n land van rys, vleis en aartappels bly, waar ‘n dik, geurige, kookpot vol Jikele en kluitjies almal bly maak, kan minder vleis maklik daai beesstert-potjie vervang.

En na hulle laaswees afval moes maak, en die piek van vleis-eet moes uittoets, was daar vanaand geen tande of snoete betrokke nie.

LEES: Dag 9: ‘n Koskenades met (s)kop

Volgens Donovan Will, die direkteur van ProVeg in Suid-Afrika was die begin van 2020 uniek, siende dat omgans 19 000  Suid-Afrikaners ingeskryf het om die vleis te los vir plante (vir ‘n maand) in Januarie.

 "Ons is ‘n land wat omgee oor ons omgewing, en ons gesondheid, so wanneer daar ‘n maklike manier is om ‘n verskil te maak luister mense,” verduidelik hy.

Na vanaand se #Koskanades is daar dalk 11 nuwe mense wat ook veganisme van nader sal bekyk, toe #SpanScheepers en #SpanLeRoux beindruk was met die uitkoms van hul flous-vleis hoendervlerkies.

Aandete 00
Aandete 05
Aandete 09
Aandete 06
Aandete 07
Aandete 08
Aandete 03
Aandete 01
Aandete 02
Aandete 04
Gallery
Aandete 00

Die uitdaging was nie maklik nie, #SpanScheepers en SpanLeRoux het net die volgende bestandele gekry om die ‘Buffalo Wings’ te maak.

Brandsous, olyfolie, swartpeper, rooipeper, koffelpoeier, uiepoeier, paprika, mielieblom, meel, klappermelk, blomkool, broodkrummels, knoffelhuisies, vegan-roomkaas, sprietuie, gedroogde pietersielie, gedroogde dille en gedroogde tiemie.

Wat duidelik is, na hulle laasweek afval moes maak, #kwarantyn beslis die kosspektrum vir albei spanne verbreed het.

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter.  

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.