Logo

#ThrowbackThursday saam met SAFTAs

Nuus
21 Februarie 2019
Kyk saam met ons terug na dié oomblikke.
Karen Zoid

Vanjaar se SAFTA-toekennings is om die draai en kykNET spog met benoemings in ’n wye verskeidenheid kategorieë. Terwyl ons in spanning wag vir die groot aand, kyk ons terug na ’n paar oomblikke uit die SAFTA-benoemde projekte wat ons bybly. 

Hier is die kykNET-projekte wat benoem is.

Ons is mal oor ’n komedie met ’n tikkie romanse. Elke Skewe Pot se vier vroue het vinnig in kykers se harte ingekruip en dit is dus geen skok dat verskeie akteurs uit hierdie reeks benoem is vir hul rolle nie. Soos dit dikwels gaan maak selfs gesoute akteurs foute met komiese nagevolge. Kyk hier na die blapse vanuit die tweede seisoen.

Republiek Van Zoid Afrika het ’n gunsteling onder kykers geword as gevolg van die musiek, komedie, interessante onderhoude en Karen Zoid. Karen is ook bekend vir haar rol as beoordelaar van The Voice SA, daarom was hierdie crossover-vertoning ’n hoogtepunt. 

Die Kasteel het sukses behaal weens die uitstekende produksie en ’n groep akteurs wat interessante karakters lewe gegee het. Die reeks het baie ‘wag, wat?’ oomblikke gehad, soos wat jy kan aflei deur na dié foto te kyk. 

Getroud met Rugby kombineer een van Suid-Afrika se gunsteling-sportsoorte met drama, liefde en intrige. Dit is duidelik ’n wenresep, want dié sepie is onlangs vir vier SAFTAs benoem. Dit was dus ’n onvergeetlike oomblik toe realiteit en fiksie ontmoet in die wêreld van rugby.

Parlement Parlement is die perfekte kombinasie van debat en komedie met skreeusnaakse gevolge. Die komiese oomblikke in die reeks was egter nie al wat ons bygebly het nie, want Elana Afrika-Bredenkamp se uitrustings het ook gereeld ons oog gevang.

Vind uit wie vanjaar bekroon word met ’n SAFTAs-toekenning deur die hutsmerk #Saftas13 te gebruik op FacebookTwitter en Instagram. Wenners word die 2de Maart aangekondig.