Logo

‘Tess’ hou naam hoog in Durban

Nuus
30 Junie 2016
Die Meg Rickards-film Tess het onlangs verskeie toekennings by die internasionale rolprentfees in Durban (DIFF) ontvang.
Tess Film 01
Die Meg Rickards-film Tess het onlangs verskeie toekennings by die internasionale rolprentfees in Durban (DIFF) ontvang.

Die film het op 25 Junie 2016 gewen in die afdeling vir beste redigering (Linda Man), beste aktrise (Christia Visser) en beste vollengte Suid-Afrikaanse film. Tess, wat sy première in Durban gehad het, is goed ontvang deur die gehoor en beoordelaars.

Rickards sê hulle is oorweldig deur die reaksie.

Christia Visser is in die hoofrol. “Sy is ’n uitsonderlike talent en ek dink hierdie toekenning was welverdiend en dui beslis daarop dat hierdie net die begin is vir hierdie ongelooflike 23-jarige,” sê die vervaardiger Paul Egan.

Rickards meen Christia het baie moed gehad en haar rol met empatie en integriteit vertolk. “Ons was geseënd om ’n merkwaardige span beide voor en agter die kamera te kon hê, wat alles gegee het om ’n moeilike en ongemaklike storie te vertel.”

Tess is gebaseer op Tracey Farren se bekroonde boek Whiplash en Christia Visser, Nollywood-aktrise Nse Ikpe-Etim, Brendon Daniels, Lee-Ann van Rooi, Quanita Adams, Dann-Jacques Mouton, Amanda Lane, Warrick Grier, Oscar Peterson, Mark Elderkin en Greg Kriek is in die rolverdeling.

Dis vervaardig deur Paul Egan en Kim Williams van Boondogle Films, Bert Haitsma was die kinematograaf en Linda Man het die redigering behartig. Die Grammy-wenner Christopher Tin was vir die musiek verantwoordelik.

Kyk hier onder na die foto’s:

34 tess film 01

34 tess film 02

34 tess film 03

34 tess film 04

34 tess film 05

34 tess film 06

34 tess film 07

34 tess film 08

34 tess film 09

34 tess film 10

34 tess film 11

34 tess film 12

34 tess film 13

34 tess film 14

34 tess film 15

34 tess film 16

34 tess film 17

34 tess film 18

34 tess film 19

34 tess film 20

34 tess film 21

34 tess film 22

34 tess film 23

34 tess film 24

34 tess film 25

34 tess film 26



Tess is befonds deur kykNET, die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die departement van handel en nywerheid (DTI) en Thundafund. Die film word plaaslik versprei deur Times Media Films en gaan op algemene vrystelling in 2017.

Kyk die lokprent hier:



Vir meer nuus oor kykNET Films, klik hier.

34 tess poster