Logo

Terug met nuwe woema

Nuus
07 Desember 2016
Woema is vanaf 5 Januarie 2017 terug – vir ’n sewende seisoen – en het boonop twee nuwe aanbieders!
Woema 2017 Aanbieders

Woema is vanaf 5 Januarie 2017 terug – vir ’n sewende seisoen – en het boonop twee nuwe aanbieders!

Adam Tas het geen bekendstelling nodig nie. Superfiets-kampioen Clinton Pienaar trek ook sy aanbiederskoene aan.

Bennie Brackets gaan ons leer van opgraderings op motorfietse, maar hy vervaardig ook die nuwe seisoen.

Dié motorfiets-program spog verder met ’n splinternuwe ateljee!

Kom kyk hoekom dit nie ’n grap is om met ’n motorfiets op sand te ry nie, vind meer uit oor opgraderings en klim saam met ons op die rug van ’n motorfiets soos wat ons alles van laeveld-agterpaaie tot Ongeluknekspas aanpak.

Aanbieders: Theunis Nel, Anria van Heerden, Adam Tas, Clinton Pienaar en Bennie de Jong.

Skakel in vir Woema, vanaf 5 Januarie elke Donderdag om 17:30!