Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Tee- en nageregparing – Op my eish!

Nuus
10 Julie 2021
Ons kyk na 'n paar tee en nageregparings wat jy by jou volgende teepartytjie kan probeer...
BB

Tydens Tanya en Neels se alleentyd in vandeesweek se episode van Op my eish! het hulle die kans gekry om tee te paar met nagereg. 
Ons kyk na 'n paar paring wat jou volgende teepartytjie die hupstoot sal gee wat dit nodig het...

Kaasbord & Groen tee
Tee en kaas, miskien nie 'n vanselfsprekende kombinasie nie, maar tog 'n wen-een.

Suurlemoen Crème Brûlée & klassieke Earl Grey
Die ligte nagereg met sy sagte suurlemoen-varsheid word aangevul deur die sitrusagtige geure in die tee.

Donker sjokolade truffels & Pepermunttee
Munt- en donkersjokolade is 'n klassieke en heerlike kombinasie.

Baklava & Kamille met heuning
Die soet, aromatiese tee gee 'n ligte kontras teen die neutagtige baklava.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Neels se soeke na liefde in Op my eish! en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #OpMyEish te gebruik.