Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Teater voorbereiding – Op My Eish!

Nuus
13 Junie 2021
Neels het hierdie week drie van die pasmaats uitgedaag om ‘Romeo and Juliet’ saam met hom op te voer. Die doel van dié aktiwiteit was om die dames ’n eerstehandse ervaring van sy lewe as akteur te gee. Ons het dus gaan loer na ’n paar wenke wat noodsaaklik is om toe te pas voordat jy op die verhoog gaan.
WhatsApp Image 2021 02 17 at 15

Wees voorbereid

Die eerste en mees belangrike ding om te doen is om seker te maak jy weet presies wat van jou verwag word wanneer jy opvoer. As jy al jou woorde ken, die storie ken en weet waar en wanneer jy op die verhoog benodig word sal jy selfvertroue hê voor jou opvoering en die gehoor sal jou nie oorweldig nie.

Kyk mooi na jouself

Daar is ’n paar goed waaraan jy moet aandag voor die groot opvoering. Eerstens moet jy seker maak dat jy genoeg rus kry, veral wanneer jy en jou mede-akteurs die teaterstuk gereeld oefen. Tweedens moet jy jou stem op pas. Vermy goed wat druk op jou stem kan plaas soos om te skree, hard te sing ens. Maak ook seker dat jy gesond eet, gefokus bly op die teaterstuk en nie jouself ooreis nie.

Maak seker jy ontspan

Om gespanne te wees voordat jy op die verhoog gaan is selfs vir ervare akteurs algemeen! Dit is egter belangrik om seker te maak dat jy jou liggaam en stem ontspan en ook jou gemoed reg te kry. Tegnieke wat kan help is om te strek, joga, massering en om vir ’n paar minute plat op die vloer te lê voordat dit jou beurt is op die verhoog.

Kry almal opgewonde!

Laastens is spanbou altyd ’n goeie idee voordat die teaterstuk afskop! Maak seker jy groet en gesels vinnig met almal wat betrokke is. As almal rondom jou goed voel sal dit jou ook help om gemaklik te wees. Speel ’n speletjie met jou mede-akteurs, gee mekaar komplimente, ondersteun mekaar en gaan voor die opvoering begin op die verhoog sodat almal saam kan gemaklik raak met die spasie.

Bly op hoogte met al die drama en vermaak elke Donderdag om 20:00 en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #OpMyEish te gebruik!