Logo

Suzette vol selfvertroue na ‘n radikale transformasie – Mooimaak

Nuus
19 November 2020
Suzette is op ‘n keerpunt in haar lewe en voel vir die eerste keer in jare weer vry.
Untitled design

Sy is ‘n ma duisend, maar Clare en die span wys aan haar dat daar niks fout daarmee is om in haar woonstel ‘n ruimte net vir haarself te hou nie. Checkers bederf ook vir Suzette met nuwe beddegoed, blomme, kerse en allerlei lekker badprodukte

Suzette was voor Mooimaak ‘n roker en dit het haar vel baie verouder. Haar hoofbehandeling by Laserderm was Karboksie-terapie met Chemiese Afskilfering vir velverjonging. Die Karboksie-terapie verbeter haar vel se slegte suurstoftoevoer weens die rook en help met die voorkoming van plooie en veroudering.

Suzette het probleme ondervind met  tekens van vroeë veroudering, naamlik lyntjies, plooie, los vel en ‘n rowwe veltekstuur. Lamelle se Dermaheal het Suzette gehelp om hierdie tekens van vroeë veroudering teen te teenwerk.

Dr Melissa Brink van JJS Dentistry het Suzette se periodontale siekte onder beheer gekry en het haar glimlag opgekikker met Emax veneers en Phillips Zoom bleiking.

As ‘n ma van drie met ‘n voltydse werk het Suzette nie altyd tyd om produkte te gaan soek nie, so die aanlyn winkel, Dermastore is die ideale oplossing vir Suzette se velsorgbehoeftes.

Suzette het deur die Mooimaak-reis opgehou rook en het baie gewig verloor. Sy is nou reg om weer op haar eie voete te staan en die die lewe vol selfvertroue aan te pak.

“Wat 'n amazing reis! Mooimaak het my hele menswees kom verander. Nie net kyk ek met nuwe oë na die wêreld nie, maar na myself ook.” – Suzette Nieuwenhuizen

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.