Logo
Vet Kans
web uni tv guide

Vet Kans

144RealiteitsprogramPG

Sunelle bly vasbeslote – Vet Kans

Nuus
11 Desember 2018
Lees meer.
Vet Kans _P (2)

Sunelle kan beskryf word as ’n hardwerkende enkelma wat voluit leef vir haar seun, Cameron. Dus is hy haar grootste dryfkrag tydens die Vet Kans-reis.

Die gejaag van haar alledaagse lewe het veroorsaak dat Sunelle weens hoë druk by die werk minder tyd gehad het om na haar eie gesondheid om te sien, en daarom het haar gewig oor die jare toegeneem. Sy was voorheen lief vir draf en aktief wees, en na ’n ernstige rugbesering het sy onaktief geraak en al haar energie gekanaliseer om by te bly met haar huis en werk lewe.

Cameron is ’n baie besige seun wat goed presteer en hom uitleef op ’n verskeidenheid sportvelde. Daarom moes mamma Sunelle dikwels gryp na wegneem-etes vir die gerieflikheid daarvan. Sunelle verduidelik dat sy graag weer saam met haar seun aan fisiese aktiwiteite sal wil deelneem en daarom was sy vanaf dag een baie pligsgetrou ten opsigte van die diëet en lewensafrigting.

Dr. Chris Giezing verduidelik dat Sunelle uitstekend vorder op die Medi-lean-program en dat haar gewigsverlies baie stabiel is in vergelyking met sy ander twee deelnemers. Hy dui ook aan dat Sunelle baie doelgerig en konstant is, en daarom is haar resultate fantasties.

Sunelle se lewensafrigter, Jeanne van Zyl, beskryf haar as ’n baie gevestigde mens met ’n baie konstante persoonlikheid en houding. Jeanne vertel dat Sunelle baie vasbeslote is om die gesonde veranderings in haar leefstyl te volhou en dit deel te maak van haar en Cameron se alledaagse lewe. 

Sunelle wil graag Vetkans wen maar dui aan dat sy reeds ’n persoonlike oorwinning behaal het, aangesien sy reeds gesonder is en ’n meer aktiewe leefstyl leef.

Vet Kans word met trots aangebied deur Medi-lean. Skakel elke Donderdag om 18:00 in op DStv-kanaal 144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Lees meer hier