Logo

Sterlopers maak reg vir ‘tweede helfte’

Nuus
30 Maart 2016
Nóg 13 episodes van die tweede seisoen van Sterlopers word vanaf 6 April 2016 elke Woensdag om 21:00 op kykNET uitgesaai.
Sterlopers 2.2 Banner

Nóg 13 episodes van die tweede seisoen van Sterlopers word vanaf 6 April 2016 elke Woensdag om 21:00 op kykNET uitgesaai.

Ons neem afskeid van Isabel (Suzzie Swanepoel), Jacques (Izak Davel), Ben (Armand Aucamp), Alexia (Marleé van der Merwe) en Ingrid (Nadia Beukes), maar kykers kan uitsien na hope aksie en pret in die tweede helfte van dié seisoen.

Wat gaan gebeur wanneer Jaydee besef sy kontrak met “tannie” Lorraine is nie so waterdig soos wat hy gehoop het nie?

Emma is een brief weg van bedank af tot Jaco (André Lotter) haar anders oortuig. Wanneer Eierdoos op ’n pad van anargie beweeg, probeer Swannie die vrede bewaar. Vicky, Nina en Kim is moedeloos gesukkel en besluit om aan die stuur van hul eie drome te kom.

Sterlopers, ’n jeugdrama, verken die ambisies, komplekse verhoudings en soeke na identiteit waarvoor elk van die dinamiese karakters in hul afsonderlike segmente van die bedryf te staan kom.

Rolverdeling

Brad Jooste – Marno van der Merwe
Emma Liebenberg – Jenna Dunster
Vicky Ferreira – Trix Viviers
Lorraine Jooste – Franci Swanepoel
Lesley Willemse – Adrian Alper
JayDee Viviers – Willem Botha
Kim McKenzie – Kim Syster
Joe de Villiers – Charlie Bouguenon
Dirk Richter – Phillip Moolman
Dixie le Roux – Loriska Bubb
Nina Rossouw – Leani van Niekerk
Cheslin Cupido – Hein Poole
Henk Harmse – Jaco Muller
Gert Erasmus – Morné Roos
Morrie Mostert – Johan Joubert
Anton Visagie – David Dukas
Darren Arendse – Danny Ross
Jaco Jansen – André Lotter
Charl Cilliers – David Vlok
Ryno Spies – Reynard Slabbert
Cordelia – Cordelia

34 sterlopers 2.2 banner


Kyk Sterlopers, Woensdae om 21:00, slegs op kykNET.