Logo
Met 'n huppel in die stap
web uni tv guide

Met 'n Huppel In Die Stap

144LeefstylPG

Sterk bene en gesonde gewrigte – Met ’n huppel in die stap

Nuus
20 Februarie 2019
Nóg meer rede om te oefen.

Foto: Getty Images

deur Licinda Pienaar

Die UP Instituut vir Sportnavorsing skep bewustheid van aandoenings soos rugpyn, artritis en osteoporose. Been- en gewrigspyn is baie algemeen. Die pyn is dikwels die gevolg van muskuloskelettoestande soos artritis, traumatiese beserings, osteoporose, ens. Dit kan beheer word deur lewenstylveranderings, bestuur van risikofaktore en ander voorkomingsmaatreëls soos oefening.

Die meeste mense weet dat oefening voordele inhou soos om die risiko van hartsiekte en beroerte te verminder en vetsug te voorkom. Wat hulle egter dalk nie weet nie, is dat been, net soos spiere, lewende weefsel is wat verander na aanleiding van kragte wat daarop uitgeoefen word. As jy gereeld oefen, pas die been in jou liggaam aan deur meer selle te vorm en digter te word.

Ouer mense kan beenverlies voorkom deur oefening. Oefening help om spier- krag, koördinasie en balans te behou, wat help om te voorkom dat mense val en bene breek.

As jy nie aktief is nie, moet jy geleidelik begin oefening kry. Dis ’n goeie idee om met 'n dokter te gesels voordat jy met ’n oefenprogram begin.

Daar is baie verskillende tipes oefeninge en almal het gesondheids- voordele, maar daar is twee tipes oefening wat die beste is om sterk bene te bou, naamlik kragoefening en gewigdraende oefening.
• In kragoefening/aktiwiteite word weerstand by beweging gevoeg om die spiere harder te laat werk en sterker te maak. Kragoefening verhoog spiermassa maar plaas ook druk op die bene en dra by tot beenboukapasiteit.
• Gewigdraende oefeninge is gewoonlik oefeninge of aktiwiteite wat in 'n staande posisie gedoen word en jou bene en spiere teen swaartekrag laat werk (basies waar jy jou eie lig- gaamsgewig dra). Meer druk word op bene geplaas, wat hulle harder laat werk. Sulke aktiwiteite sluit in draf, vinnig stap, dans, tennis en die meeste spansporte. Hoe hoër die intensiteit van die aktiwiteit, hoe meer druk word op die bene en gewrigte geplaas.

Hoe om beserings te voorkom:
• Versprei jou oefening oor die week om oorbelading van jou bene en gewrigte te voorkom.
• Vermy ekstreme posisies soos om laag te hurk.
• Oefen die kernspiere om die ruggraat te beskerm. Dit is goed vir belyning, wat die bene gesond hou omdat die spiere dwarsdeur die liggaam gebalanseerd is.
• Oorweeg dit om onder toesig van 'n persoonlike afrigter of biokinetikus te werk om seker te maak jy doen die oefeninge korrek, want as jy dit verkeerd doen, kan dit beserings veroorsaak.

Ten slotte, hoewel daar bewys is dat oefening ’n beenbou-effek het, is dit net een element van 'n totale program om beenverlies te voorkom. Oefening kan jou help om:
• beendigtheid te behou namate jy ouer word
• gewrigspyn te verminder en
• ontslae te raak van die oortollige gewig wat meer druk op die gewrigte plaas.

Licinda Pienaar is bestuurder en biokinetikus by die Instituut vir Sportnavorsing aan die Universiteit van Pretoria.