Logo
kN Digital Banners Template In die SopSlim Homepage 1600x160
web uni tv guide

In Die Sop

144RealiteitPG13 L

Steek die vure aan! – In die sop

Nuus
29 Mei 2021
In vandeesweek se episode van In die sop het Bertus Basson en sy span kundiges die Reader’s Restaurant gaan besoek.
IDS Article Image

Bertus en sy span het besluit om dié ikoniese restaurant wat in een van die oudste geboue in Tulbagh gevestig is; te omskep in ‘n ‘Grill house’.

Buiten dat dié episode gefokus het op die belangrikheid van ‘n goeie verhouding met jou slagter, vars seisoenale produkte en goeie geurmiddels, het die episode ook gefokus op goeie snitte vleis.

Daarom het ons besluit om terug te kyk na van die mees ikoniese disse wat soms te sien is by ‘n goeie grill- of steakhouse.

Van die mees geliefkoosde voorgeregte is:

Prawn cocktail – wie hou dan nou nie van die kombinasie van garnale en avokado nie?

Escargot – sommige mense gril daarvoor terwyl ander mense weer nie genoeg daarvan kan kry nie.

Gekrummelde sampioene – wees versigtig: Dié voorgereg kan vuurwarm wees wanneer dit bedien word.

Die voorgereg was heerlik en jy het reeds besluit watter snit vleis jy wil bestel vir jou hoofgereg, maar die vraag is – vir watter bygereg sien jy kans?

Almal dink altyd eerste aan aartappelskyfies, maar daar is soveel meer opsies:

Patat skyfies – dalk bietjie van ‘n gesonder opsie?

Groente – kom ons wees eerlik; daar is niks lekkerder as die ikoniese kombinasie van pampoen en spinasie saam met ‘n geurige steak nie.

Gebakte aartappel – krakerige aartappel wat bedien word met baie botter. YUM!

Die tyd het uiteindelik aangebreek vir die nagereg. Hierdie deel van die maaltyd bestaan normaalweg uit die volgende:

Créme Brulee – ‘n klassieke nagereg wat altyd gewild is.

Sjokolade mousse – moet ons enigsins verder uitbrei?

Roomys en sous – dié nagereg is altyd ‘n treffer!

Wat is jou gunsteling manier om steak te geniet? Laat weet ons deur die hutsmerk, #InDieSop te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram. En onthou om elke Woensdagaand om 20:00 in te skakel om te sien hoe Bertus Basson en sy span ‘n verskil gaan maak in dié restaurante.