Logo

Sparks – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
01 Januarie 2020
Die vonke spat behoorlik in Pretoria!
Hentie Web

Met al die feestelikhede in Desember, was dit maklik om per ongeluk die nuutste episode van Boer soek ’n vrou mis te loop. Ons sê nie dit is reg nie – maar ons verstaan dat tyd ’n denkbeeldige konsep is na jou derde glas sjampanje. So as jy die boere se eerste ontmoeting met hulle potensiële skoonmense misgeloop het, lees verder vir alles wat jy moet weet.

Hentie moes in dié nuutste episode Pretoria toe keer om Hantie se familie te ontmoet. Dit was dalk vir hom moeiliker as wat dit was vir die ander boere as gevolg van al die drama op sy plaas in die vorige weke. Dit is vir hom ’n groot verantwoordelikheid om vir Hantie te oortuig dat sy veel meer as net sy tweede opsie is.

Sodra hy by Hantie aangekom het, het hy laat weet dat hy al sterk gevoelens vir sy pasmaat het. Hy het lekker gekuier met Hentie se volwasse kinders en hulle gades. Dit was vir Hantie ’n bonus om te sien dat haar kinders van Hentie hou.

Aanhangers van die reeks was aangenaam verras om te sien hoe dié paartjie nie hulle van mekaar kon hou nie. Selfs Hentie se familie kon sien dat dinge behoorlik tussen die twee kook.

Hentie het altyd gepraat oor die “sparks” wat hy wil voel... is dit hierdie? Laat weet ons deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op sosiale media te gebruik en moet nie vergeet om Donderdae om 20:00 in te skakel vir die nuutste episodes.