Logo
Slim BB vjgt
web uni tv guide

Vat Jou Goed En Trek

144RealiteitPG

Só gebruik jy helder kleure - Vat jou goed en trek

Nuus
19 Augustus 2022
Lees meer hier.
vat jou goed en trek helder kleure

’n Paartjie van Garsfontein wil afskaal, maar die helder kleure teen die mure van hulle huis mag dalk voornemde kopers afskrik.

Leander en Louisa woon die afgelope sewe jaar in hulle drieslaapkamer woonstel in ’n sekuriteitskompleks in Garsfontein, Pretoria. Die woonstel het hulle lewenstyl goed gepas aangesien hulle baie in KwaZulu-Natal werk en hulle net die woonstel kon toesluit voor hulle in die pad val.

Maar met aftrede om die draai en die feit dat Leander ’n beenoperasie gehad het, wil hulle na ’n kleiner plek sonder trappe trek. Hulle het die Vat jou goed en trek-span genader om hulle te help om die eiendom skou-gereed te kry en hopelik te verkoop.

Louisa hou van helder kleure teen die mure, maar die span is bang dat dit potensiële kopers kan afskrik. Die hoofslaapkamer is die vertrek wat aandag gekry het en Candice het met grys en wit en ’n tikkie groen gespeel om Louisa se voorkeur te respekteer.

Wenke om helder kleur in ’n spasie te gebruik

Helder kleure is deesdae nie net vir kinderkamers bedoel nie. Dit is tans in die mode, maar moet reg gebruik word om die spasie elegant en gesofistikeerd te laat lyk.

Wanneer jy met helder kleure werk, stel eers vas wat die neutrale kleur gaan wees wat jy gaan gebruik. Besluit wat jy die fokuspunt gaan maak en werk rondom dit. Dit is ook slim om helder kleure in te bring deur dekoritems soos kussings en prente teen die muur. Dit maak dit ook maklik om te verander indien daar ’n nuwe neiging in ’n volgende seisoen is.

As mens met helder kleure werk, is dit belangrik om die 60/30-reël in gedagte te hou. Dit beteken dat jy jou mees dominante kleur die neutrale kleur maak en jou sekondêre kleur, in hierdie geval die helder kleure, 30 persent van die spasie maak. Gebruik die laaste tien persent om meer uitspattig te wees en so sal jy die perfekte balans in enige spasie in jou huis skep.

Stroom die reeks Vat jou goed en trek op Vrydae om 17:30 op kykNET op die DStv-app. Jy kan ook jou mening gee oor die program aanlyn, gebruik die hutsmerk #VatJouGoed.