Logo

Sneeuwitjie en bose koningin betree verhoog

Nuus
22 Maart 2016
’n Splinternuwe Afrikaanse pantomime, Sneeuwitjie, gaan vanaf 6 Mei tot 12 Junie 2016 op die verhoog van Emperors Palace leef.
Sneeuwitjie Banner

“Hare so swart soos roet, vel so wit soos sneeu, lippe so rooi soos bloed…”

’n Splinternuwe Afrikaanse pantomime, Sneeuwitjie, gaan vanaf 6 Mei tot 12 Junie 2016 op die verhoog van Emperors Palace leef. Sneeuwitjie is kort op die hakke van die gewilde Aspoestertjie, en gee magiese gestalte aan die tydlose vraag: “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?”

Ons het 20 dubbelkaartjies weggegee na die vertoning op Saterdag 7 Mei om 19:30! Hier is die wenners:


Yolandi Gloy
Yolande Griesel
Marius Lubbe
Barend Kruger
Adille Steyn
Annelien Howden
Natasha v molendorff
Laurika ludick
Amanda Volschenk
Johan Briel
Johan Cilliers
Adele Marais
Phillys Bossert
Mandie Briel
Johan Viljoen
Marinda Visser
Fleetwood Grobler
Hantie Briel
Marike Joubert
Ryno Griesel

Karlien van Jaarsveld, Izak Davel en Soli Philander oor die pantomime Aspoestertjie.

Die immergewilde sangeres Nádine is in die rol van Sneeuwitjie en die legendariese Angela Kilian is as die bose koningin te sien. Heide Edeling is die musikale regisseur.

34 sneeuwitjie banner


Reynard Slabbert maak die sprong van TV na verhoog en sluit by hulle aan as die prins, terwyl gunstelinge soos Tiaan Rautenbach en Clint Lesch gehore gaan laat skaterlag.

Onder die vaandel van Add-Life Productions – vervaardigers van Ester, Droomkind, Liefling, From the Footlights en Aspoestertjie – en met die regisseur Weslee Lauder aan die stuur, beloof Sneeuwitjie om nóg ’n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees.

Bring die hele gesin na ’n wonderwêreld van klank en kleur, wat kinders sal betower en volwassenes weer soos kinders sal laat voel!



Genre:
Afrikaanse Pantomime

Datums:
6 Mei tot 12 Junie 2016

Teater:
Theatre of Marcellus by Emperors Palace

Kaartjiepryse:
R150-R250

Kaartjies beskikbaar by:
www.computicket.com of 0861 915 8000
Of www.emperorspalace.com

Spesiale afslag beskikbaar:
10% afslag vir pensioenarisse
10% afslag vir groepe van 10+
R120-kaartjies op Vrydae om 11:00 vir groepe van 30+

Hoofspelers:
Nádine, Angela Kilian, Reynard Slabbert

Vervaardig deur:
Add-Life Productions

Regisseur:
Weslee Lauder

Musikale regisseur:
Heidi Edeling

Stelontwerpers:
Renier Keyser en Nadine Minnaar

Choreograaf:
Shelley Adriaanzen

34 sneeuwitjie poster