Logo

Slank: Sonelle van Eyssen

Nuus
21 November 2016
Ons het met Sonelle van Eyssen, wat saam met haar man deelgeneem het, gesels oor haar ervaring op Slank.
Slank After Sonelle

Ons het met Sonelle van Eyssen, wat saam met haar man deelgeneem het, gesels oor haar ervaring op Slank.

Wat het jy geleer?

Enigiets is moontlik as jy fokus en deurdruk. Ek het ook geleer dat EK KAN!

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?


Dis ’n onbeskryflike gevoel. Ek het meer energie, is lus vir die lewe en het meer positiewe denke. Ek voel goed dat ek weer in kleiner nommer klere kan pas en goed voel daarin.

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?


Natuurlik die gewigsverlies! Ek het ook soveel nuwe vriende gemaak, wat die pad saam met my stap en dieselfde emosies deel. My man, Gerhard, het my regtig bygestaan, gemotiveer en geïnspireer.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?

Jy is konstant in gesprek met jouself deur keuses te maak oor wat goed en sleg is en dat dit ’n langtermyn-reis is en alles nie oornag gaan verander nie. Dit is moeilik en, ja, om die versoeking te vermy is ’n groot muur om deur te breek. Maar dit bring jou ook tot verhaal dat jy weereens dit vir jouself doen en dan besef jy: Wil ek regtig weer terug wees waar ek was?

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?

Neem die besluit vir jouself, vermy versoeking en hou by wat reg is, stel ’n doelwit en werk hard daaraan, kry ondersteuning van ander, moenie jou steur aan negatiewe aanmerkings nie, ontdek jouself en geniet die reis!

Lees meer oor die sesde deelnemer, Yolandé Crous, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.