Logo

Slank: Aline Venter

Nuus
05 Desember 2016
Ons het met die tiende deelnemer, Aline Venter, gesels oor haar ervaring op Slank.
Slank 2

Ons het met die tiende deelnemer, Aline Venter, gesels oor haar ervaring op Slank.

Wat het jy geleer?
Ek het geleer hoe om beter keuses te maak. Dit het my familie vir die beter beïnvloed – porsie-kontrole is ’n groot faktor, sowel as “mindless snacking”.

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?
Daar is geen woorde om te verduidelik nie. Die komplimente hou my gemotiveerd. Ek slaap beter en het ook nie meer sooibrand nie. Ek voel ook baie meer gemaklik in my eie liggaam.


Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?
Komplimente wat ek ontvang bly die hoogtepunte – mense sê ek lyk jonger.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?
Die laagtepunt vir my was om twee onbeplande operasies tydens my reis te hê. Dit was ’n groot uitdaging om nogsteeds op die regte spoor te bly, maar danksy die ondersteuning van my dokter en span was dit moontlik.

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?
Neem een dag op ’n slag, maaltyd vir maaltyd. Dit het nie dié punt bereik oornag nie en jy gaan ook nie die gewig oornag verloor nie. Wees geduldig – dit sál werk.

Lees meer oor die negende deelnemers, Ronel Tol, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.