Logo

Skryf in vir Op die Spel se tweede seisoen

Nuus
01 Augustus 2016
kykNET se gewilde speletjiesprogram, Op die Spel, is terug vir ’n opwindende tweede seisoen. Soos met die vorige reeks, is groot geld en spogregte weer iets waarmee die wenners kan wegstap.
Op die Spel Logo 2016

kykNET se gewilde speletjiesprogram, Op die Spel, is terug vir ’n opwindende tweede seisoen.

Soos met die vorige reeks, is groot geld en spogregte weer iets waarmee die wenners kan wegstap.

Na die sukses van die vorige seisoen, sal die nuwe reeks se formaat min of meer dieselfde patroon volg. Maar dié keer is daar geen ouderdomsperk verbonde aan wie mag inskryf nie. Of jy nou nog op skool is, of in ’n tehuis vir bejaardes, niemand keer jou om vir die jongste reeks in te skryf nie.

Die inskryfvorms vir Op die Spel is te kry by beterafrikaans.co.za. Inskrywings sluit op 1 September 2016.

Wanneer jy die vorm voltooi het, sal jy ’n aanlyntoets moet slaag om verder te vorder en ’n moonlike deelnemer te word.

Indien jy die toets slaag, sal jy deur die produksiemaatskappy gekontak word waartydens jy ’n telefoniese toets sal doen om jou taalvaardighede te bepaal.

Moontlike kandidate sal na die telefoniese gesprek gekeur word vir deelname aan die program.

Die produksiemaatskappy behou die reg voor om die kandidate te kies soos die maatskappy goeddink.

Die verfilming sal in November in Johannesburg plaasvind.