Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Skryf in vir Kunsvlyt!

Nuus
17 Januarie 2017
Kunsvlyt is kykNET se opwindende nuwe werklikheidsreeks vir kunsvlyters en word met trots geborg deur PNA. Is jy die ideale kandidaat? Lees dan verder!
Kunsvlyt

Kunsvlyt is kykNET se opwindende nuwe werklikheidsreeks vir kunsvlyters en word met trots geborg deur PNA. Die program sal vanaf 7 April tot 30 Junie 2017 op kykNET uitgesaai word.

Skryf in voor 31 Januarie 2017 en staan ’n kans om een van tien deelnemers te wees wat dit gaan uitspook met verf, skêrre, kwasse, klei, mosaïek, papier – of enige kreatiewe voorwerp waaraan jy kan dink! (Lees asseblief die volledige bepalings en voorwaardes hier onder).

So as jou vlytige vingers deur kreatiewe breingolwe gedryf word, is hierdie jou groot kans!

Pryse

Die gelukkige wenner ontvang:

• ’n Volledige stel tuingereedskap van Hose & Hardware Distributors ter waarde van R10 000.
• ’n PNA-kontantprys van R15 000.
• ’n PNA-geskenkbewys ter waarde van R15 000.
• ’n Soliede 8-sitplek kiaathout-tuinstel van Hose & Hardware Distributors ter waarde van R25 000.

Plus:

’n Oorsese reis ter waarde van R40 000 na die Faber-Castell-akademie in Duitsland, wat die volgende insluit:
• Retoerkaartjies na Duitsland.
• ’n Ongelooflike twee-dag besoek met vermaak aan die Faber-Castell-akademie.
• ’n Besoek aan die Faber-Castell-potloodfabriek in Stein.
• ’n Toer van die geskiedkundige stad Nuremburg.

INSKRYWINGS HET REEDS GESLUIT.

Bepalings en voorwaardes

Take Heart Productions en Blixem Productions, en hul personeel, direkteure en filiaalmaatskappye is die “vervaardigers” van die “Kunsvlyt”-werklikheidsreeks, wat aan die volgende bepalings en voorwaardes onderhewig is:

1. Om deel te neem, moet jy ouer as 18 jaar oud wees op die datum waarop jy vir ’n oudisie inskryf. Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees. Jou eerste taal moet Afrikaans wees. Daar sal van jou verwag word om ’n geldige ID-dokument te wys. Om in aanmerking te kom vir die Duitsland-toerprys, moet jy in besit wees van ’n geldige paspoort.

2. Jy mag nie ’n kriminele rekord hê nie.

3. Jy moet beskikbaar wees vir die verfilmingsdae: 15-26 Februarie 2017 in Carltonville. Deelnemers wat gekies word maar buite die provinsie van Gauteng woon, se vervoer sal gereël word.

4. Jou inskrywingsvorm moet ’n foto van die projek soos voorgeskryf vergesel.

5. Elke deelnemer is verantwoordelik vir hul eie kleredrag, sowel as die versorging van hare en grimering.

6. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Januarie 2017.

7. Al die inskrywings wat VOOR die sluitingsdatum ontvang word, sal gelees en oorweeg word. Vorms wat NÁ hierdie datum ontvang word, word nie gelees of oorweeg nie. As gevolg van die baie inskrywings wat ontvang word, sal ons nie persoonlik op elkeen kan reageer nie.

8. Indien jy een van die suksesvolle inskrywings is, sal ’n lid van ons produksiespan jou skakel en inlig. As jy teen 10 Februarie 2017 nog niks van ons gehoor het nie, hetsy telefonies of via e-pos, was jou inskrywing ongelukkig nie suksesvol nie.

M-Net se bepaling en voorwaardes

Klik hier vir die volledige lys van bepalings en voorwaardes.