Logo

Skryf so die perfekte brief – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
03 Februarie 2021
Die tien boere het hul briewe ontvang en mag slegs hul gunsteling tien dames kies om by die blitsafsprake te ontmoet. Maar hoe verseker jy dat jou boer, jou brief raak sien?
BB

Om die perfekte brief te skryf vat tyd en voorbereiding. Ons kyk na ‘n paar stappe wat sal verseker dat jou brief uitstaan bo die res.

Maak ‘n lys
Begin deur ‘n lys te maak van al die dinge wat jou aantrek tot jou gekose boer. Moet nie fokus op jou taalgebruik en spelling nie, hierdie is slegs om jou aanvanklike idees en gevoelens vas te vang.

Begin deur jou boer te groet
Kies iets persoonlik, byvoorbeeld “Liefste Jan”. Dit bepaal die toon van jou brief.

Skryf die inleiding
Begin deur te skryf hoekom jy spesifiek aan hierdie boer skryf. Wat het jou gedryf om in te skryf? Skryf asof jy met hom praat. Vermy om te formeel voor te kom, wees net jouself. Deel jou emosies en gevoelens openlik en met selfvertroue.

Bou die liggaam
Noem wat jy en jou boer in gemeen het en hoe dit mening tot enige verhouding bring. Skryf wat jy in ‘n verhouding soek en hoe hy jou boksies tiek. Jy kan ook hier noem wat jy uit vorige verhoudings geleer het en hoekom jy sy perfekte pasmaat sal wees.

Oorweeg om vir jou boer ‘n gedig te skryf. Vind ‘n ritme en begin so. Rymende poësie moet net so betekenisvol wees, maar dit kan moeilik wees om net die regte woorde te vind wat rym en 'n toon te ontwikkel. As jy nie self ‘n gedig wil skryf nie, kan jy ‘n reeds bestaande gedig kies om jou gevoelens te beskryf.

Gebruik aanhalings om makliker van een na die ander idee te vloei. Jy moet fokus om dieselfde toon regdeur te behou. Wees opreg en eerlik.

Kies jou lettertipe
Vat jou tyd om die perfekte lettertipe te kies. Dit moet maklik leesbaar wees maar tog uitstaan. Jy kan besluit op jou klassieke Time New Roman, Ariel of Calibri, of so ver gaan as om ‘n nuwe lettertipe af te laai van die internet af – een kompleet met hartjies en soentjies. Iets soos LoveNess Three of Cupid de Locke.

Jou brief moet so mooi lyk soos jou gevoelens vir jou boer.

Om jou gevoelens in ‘n brief neer te skryf, wys dat jy in ‘n verhouding bereid sal wees om jouself gevoelens te uiter.

En vir die wat nie weet waar om te begin nie, kan jy jou briefskryf oorlaat aan ‘n webblad. Love Letter Generator is ‘n webblad waar jy jou boer se informasie kan invul en die webblad sal vir jou ‘n liefdesbrief skryf. Jy kan dan van daardie basis af uitbrei.

In ‘n jaar van Covid en inperkings moes die dames meer staat maak op hul woorde as die pakkie wat daarmee saam gaan. So vat jou tyd om regtig te fokus op hoe jy jouself uit druk in jou brief.

Skakel Donderdag om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou om te sien watter tien dames se briewe het ‘n indruk gemaak op hul boere en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.

Onthou dat jy regstreeks Boer soek ‘n vrou kan stroom op Showmax sowel as die DStv-toep.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel