Logo
Kyk Wie Praat Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

Skryf nou in! - Kyk wie praat

News
20 April 2023
Skryf nou in om deel te wees van die nuwe seisoen van Kyk wie praat.
Kyk wie praat

As jy tussen die ouderdom van 6 en 9 jaar oud is en wil deel wees van die Kyk wie praat klas van 2023, stuur vir Oom De Klerk ’n video waar jy die volgende vrae antwoord:

  • Moet asb nie die antwoorde vooraf oefen nie. Ons soek spontane reaksies!
  • Onthou daar is nie ’n verkeerde of ’n regte antwoord nie.

Vrae:

  • Wat is jou naam?
  • Hoe oud is jy?
  • Wat dink jy is ’n skrikkeljaar?
  • As daar vir eendag niks reëls was nie, wat sal jy alles doen?
  • Wat weet jy, wat niemand anders weet nie?

Whatsapp jou video na 066 177 2415 voor 15 Mei 2023.

Stuur ook ’n Whatsapp-boodskap met die volgende inligting, saam met jou video: 

  • ’n Kop-en-skouers foto van jouself
  • Jou naam en van
  • Ouderdom
  • Geboortedatum
  • Ouer/Voog se naam en van
  • Kontaknommer
  • Fisiese adres
  • Epos adres

BEPALINGS EN VOORWAARDES

- Geen video’s sal aanvaar word as jy jonger of ouer is as 6-9 jaar nie.

- Geen video’s sal aanvaar word na die sluitingsdatum nie. ( 15 Mei 2023 )

- Opnames vind tussen 30 Mei 2023 – 28 Junie 2023 in Kaapstad plaas.

- Slegs ouers of wettige voogde van kinders mag video’s instuur.

- Die selfoonnommer waarheen oudisies gestuur word, word gemonitor en inligting word beskerm deur een gemagtigde persoon.

- Alle inskrywings sal deur ‘n keuringsproses gaan. Deelname aan Kyk wie praat, word nie gewaarborg  nie.

- Video’s mag nie langer as 2 min wees nie en word slegs vir interne oudisies gebruik.