Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

Skemerkelkie, enige iemand? – Op my eish!

Nuus
26 April 2022
Wat om te doen – en nie te doen nie – by ‘n cocktail party.
OME Article Ep2 GIN Image

Die 12 dames het in vandeesweek se episode van Op my eish! In die Laeveld gearriveer en was dadelik genooi na ‘n skemerkelkie geleentheid om bietjie meer tyd met Francois Jacobs te spandeer om hom bietjie beter te leer ken in ‘n meer informele situasie as met die speeddates.

Met dié dat sosiale geleenthede al hoe meer weer plaasvind na ‘n moeilike twee jaar van inperkings, het ons ‘n lysie saamgestel van skemerkelkie-etiket.

  • Trek gepas aan vir die geleentheid.

Wanneer jy genooi word na ‘n skemerkelkie-geleentheid toe, onthou om ietsie meer deftig aan te trek as net ‘n Jean en T-hemp of jou gunsteling paar plakkies.

Loer hier na ‘n paar wenke oor hoe om aan te trek om ‘n indruk te laat op die gasheer.

  • Wees bedagsaam teenoor die ander gaste.

Moet nooit oor politiek, geloof of finansies gesels by ‘n sosiale geleentheid nie en as jy sien die gasheer – of vrou – is besig om met iemand anders te gesels, moet nie die gesprek onderbreek nie. ‘n Goeie gasheer sal sorg om ‘n geselsie aan te knoop met elkeen van sy gaste.

  • Moet nie te veel (gin) drink nie

Die spanning loop hoog en jy dink ‘n drankie is dalk net die manier om van die ergste senuwees ontslae te raak, maar moet nie té veel skemerkelkies drink nie. Wees bedagsaam teenoor die ander gaste (en jouself) om enige ongemaklike situasies te vermy.

  • Dankie

Bedank die gasheer aan die einde van ‘n heerlike aand – dié klein gebaar kan ‘n ewigdurende indruk laat op die gasheer en jy sal beslis weer genooi word na die volgende sosiale geleentheid.

Gesels saam op sosiale media en laat weet ons wat jou wenke is vir ‘n suksesvolle cocktail party deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram. Skakel ook elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe die soektog na liefde in die Laeveld vorder nie.