Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

Skaapkop en – pootjies

Nuus
11 Augustus 2022
Probeer dié resep vir Skaapkop en - pootjies wat in die Kook en geniet verskyn.
Skaapkop Article Image Plaasjapie

Voorbereiding

Week die kop en pootjies ‘n uur lank in koue water.

Maak ‘n oplossing van kalk in kookwater – 125 g op 9 liter water.

Doop die kop in die kookwater en krap dit skoon met ‘n mes. Was dit in koue water af.

Skei die onderkaak van die bokaak en kap langs die kante van die neus deur die been.

Slag die vel en vleis van die voorkop tot op die neuspunt oop.

Verwyder die oë en ore en ondersoek alle holtes. Verwyder die kliere agter en onder die ore.

Kap deur die middel van die kop en verwyder die harsings en tong.

Doop die pootjies in die kokende kalkwater en krap skoon.

Kap in die spleet van die pootjie tot by die eerste lit en verwyder die kliere en die harde dop oor die toon.

Plaas al die skoongemaakte dele in ‘n skottel koue water.

 

Kook

Week die kop en pootjies ‘n uur lank in ‘n skottel soutwater – 15 ml sout op 4,5 kg water.

Bedek die kop en pootjies met vars koue water in ‘n diep kastrol. Bind 3 heel naeltjies, 5 ml heel koljandersaad, 1 lourierblaar en ‘n paar wonderpeperkorrels in ‘n kaasdoeksakkie en met met 45 ml asyn by.

Kook sowat 6 – 8 uur baie stadig. Voeg sout en peper na smaak by. Indien verkies, voeg twee of drie aartappels, in kwarte gesny, by ‘n uur voor die kooktyd verstreke is.

Sodra gaar, kan die vleis maklik van die bene afgehaal word. Haal die speserye uit.

Sit voor met rys en blatjang.

 

Wenke

Dit kan suksesvol in ‘n lou-oond of hooikis gaargemaak word.

Om koud op te dien, haal bene uit, sny vleis fyn, meng met vloeistof en gooi uit in vorms om te stol. Keer uit, sny in snytjies, laat afkoel en sit met slaaiblare voor.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe dié stadsjapies meeding om as die eerste Plaasjapie, gekroon te word. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerke, #Plaasjapie, #Noubees en #Soetmelksvlei te gebruik.