Logo

Silwerskermfees: Kaartjies op 5 Augustus beskikbaar

Nuus
04 Augustus 2016
Wanneer vanjaar se Silwerskermfees op 24 Augustus by The Bay Hotel in Kampsbaai afskop, gaan daar weer vir vier dae lank rolprente geleef, gepraat en geslaap word.
SSF-Logo-1024x725-a9pooz612os3mnjp6xje942r6wtocvjso3clwdyksdhar7ju copy

Dit is een van die opwindendste geleenthede op die Suid-Afrikaanse rolprent-kalender. Wanneer vanjaar se Silwerskermfees op 24 Augustus by The Bay Hotel in Kampsbaai afskop, gaan daar weer vir vier dae lank rolprente geleef, gepraat en geslaap word.

Vanjaar se feesprogram sluit, behalwe die vyftien kortfilms wat hulle debuut by die fees maak, ook ’n rits speel- en dokumentêre films in. Dit is ongetwyfeld ’n program wat by enige filmfees in die wêreld kan kers vashou.

Kaartjies vir die fees is baie gesog. Almal wat iemand in die filmbedryf is, is daar. Bekendes wat in die rolprente speel, asook die mense wat agter die skerms werk, rolspelers en besluitnemers.

Soos in die verlede is daar ook ’n handvol kaartjies vir die publiek beskikbaar: 30 dagkaartjies teen R150 elk en 40 weekkaartjies teen R500 elk. Daar is dus net 70 kaartjies vir die publiek beskikbaar en jy sal moet vinnig spring as jy ’n kans wil staan om hierdie sonderlinge fees by te woon.

(Kaartjies is reeds uitverkoop)

Om die feesprogram vir elke dag af te laai, klik hier onder:

SSF FEESGIDS 2016_24 AUG
SSF FEESGIDS 2016_25 AUG
SSF FEESGIDS 2016_26 AUG
SSF FEESGIDS 2016_27 AUG

Moenie hierdie kans laat verbygaan nie. Sien jou by die fliek(fees)!

Die vyftien debuut-kortfilms is:

Arts
Met Charlenè Brouwer, Elzette Maarschalk, Gustav Gerdener en Richard van der Westhuizen

Beloofde Land
Met Schalk Bezuidenhout, June van Merch, Petro van den Heever, Mariechen Vosloo, Craig Mathys, Hannahmi Alfredo en Riaan Cruywagen

Die Biker
Met Paul du Toit en Ian Roberts

Die Bok
Met Christia Visser, Drikus Volschenk, Maurice Paige, Kay Smith en Jemima as die bok

Die Muse
Met Marcus Muller, Candice Weber en Milan Murray

en die Wiele van die Bus gaan Om en Om
Met André Stolz, Anchen du Plessis, Gemma Donnelly, Sandra Vaughn, Isabella Mostert, Percy Maobane, Pieter Grobbelaar, Lillian Dube, Christo Davids, David Mello, Chantal Herman, Hendrick Louw en Jeff Smith

Hum
Met Carel Nel, Cintaine Schutte, Deon Lotz en André Roothman

Kolskoot
Met Albert Pretorius, Cherie van der Merwe, Marie Pentz en Hannes Brummer

Koue Voete
Met Kaz McFadden, Shareen Swart, Deon Coetzee, André Velts, Juanita de Villiers, Melinda Brink en Francois Viljoen

Merk. Sny. Stoor.
Met Jacques Bessenger, Lilanie Prinsen, Suzi Swanepoel en Juan Lotz

Onthou
Met Marga van Rooy en Phillip Schnetler

Oom
Met Pierre van Pletzen, Philippus Boshoff, Je-ani Swiegelaar, Anrich Herbst, Ansu Visser en Philicity Reeken

Plankekoors
Met Antoinette Kellerman, Greta Pietersen, Joanie Combrink en Ludwig Binge

Spoor(loos)
Met Fezile Mpela en Pulane Sekepe

Vlees van my Vlees
Met Erica Wessels en James Alexander

Die speelfilms by die fees wat vir die Silwerskerm-toekennings in aanmerking gaan kom is:

Dis Koue Kos, Skat
Met Anna-Mart van der Merwe, Deon Lotz, Elzabé Zietsman, Frank Opperman, Angelique Gerber, Deànré Reiners, Zonika de Vries, Riaan Visman, Sean Cameron Michael, Bouwer Bosch, Anne Hirsch, Michelle du Plessis, Sisindise Bunyula, Rynier Keet en Doug as Tjoklit

Johnny is Nie Dood Nie
Met Albert Pretorius, Rolanda Marais, Roelof Storm, Ludwig Binge, Illana Cilliers

Noem My Skollie
Met Dann-jacques Mouton, Abduraghmaan Adams, Charlton George, Christian Bennett, David Manuel, Denise Newman, Ethan Patten, Gantane Kusch, Gershwin Mias, Hemelbesem, Irshaad Ally, Jill Levenberg, Joshua J. Vraagom, Lee-Ann van Rooy, Oscar Peterson, Peter Butler, Sandi Schultz, Tarryn Wyngaard, Valentino de Klerk

Sy Klink Soos Lente
Met Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster, James Cunningham, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch, Tina Kruger, Pietie Beyers

Tess
Met Christia Visser, Brendon Daniels, Nse Ikpe-Etim, Lee-Ann van Rooi, Dann-jacques Mouton, Quanita Adams, Tashanay Daniels

Lees meer oor dié speelfilms hier.