Francois van Coke en Jack Parow by die A.K.A. Foto: Robin Looy
ShowMax en kykNET se paspoorte het nóg ’n stempel bygekry nadat hulle die fakkel gaan dra het vir Afrikaanse flieks en TV-reekse by die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam, ook bekend as A.K.A. Dié fees het van 8 tot 10 April 2016 plaasgevind en ShowMax en kykNET was die hoofborge.
By die A.K.A. word Afrikaanse taal en kultuur gevier, en ons hegte band met Nederland word in die kollig geplaas. Die fees was propvol musiek, literatuur, film, debat en kuns – alles in die middel van die historiese middestad van Amsterdam.
Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Jack Parow, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Leslie Javan en Majozi het feesgangers met musiek vermaak, terwyl skrywers soos Antjie Krog, Ingrid Winterbach, Marita van der Vyver en Bettina Wyngaard oor hulle boeke gepraat het.
Films soos Sink en Dis ek, Anna is vertoon, en die fliekmakers was self daar om hulle werk met gehore te bespreek.
Suid-Afrikaanse buitelanders wat nie die tog na Nederland kon meemaak nie, kan steeds die heel beste Afrikaanse vermaak op ShowMax ervaar – maak nie saak waar jy is nie.
Jy kan uit 13 000 episodes van die beste Afrikaanse programme en films kies en keur. Nuut op die spyskaart vir fliekflooie is Mooirivier, Ballade vir ’n enkeling, Die Spook van Uniondale, Hollywood in my Huis, Strikdas en Suurlemoen.
Daar is ook ’n verskeidenheid splinternuwe epiese dramas soos die reekse Die Byl en Fluiters.
ShowMax is trots om die taal te bevorder deur ’n tuiste te wees vir die beste films en reekse in Afrikaans en om hierdie kwaliteit vermaak aan ’n breër mark oorsee ook beskikbaar te stel.
Die diens is nou ook beskikbaar op Apple TV en ChromeCast, so skuif reg en raak meegevoer deur trots Suid-Afrikaanse vermaak.