Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Sewe goed om in Hermanus te doen – Op My Eish!

Nuus
24 Mei 2021
Dié pragtige kusdorp is ’n gewilde bestemming om walvisse te sien. Daar is egter veel ander aktiwiteite wat dié dorp ideaal maak vir jou volgende vakansie!
pexels jean van der meulen 5501922 (1)

  1. Kajak-toer in Walker’s Bay

Hierdie toer gee jou die geleentheid om baie naby aan diere soos robbe, pikkewyne, dolfyne en moontlik selfs walvisse te kom!

  1. Besoek Klipgat-grot

Klipgat-grot is in Walker’s Bay Nature Reserve geleë, maar kan ook via ’n 7km staproete bereik word vanaf Gansbaai se hawe. Bene en gereedskap wat ongeveer 70000 jaar oud is was in dié grot gevind en besoekers kan ook ’n pragtige uitsig oor die see verwag!

  1. Stap die Cliff Path

Dié staproete is wêreldbekend vir walvis-kyk, maar kan enige tyd van die jaar geniet word! Die roete is ongeveer 12km lank en bevat talle landmerke sowel as ’n pragtige uitsig.

  1. Besoek “Die Markie”

Die Hermanuspietersfontein mark is gesinsvriendelik en troeteldiervriendelik! Bederf jouself met heerlike kos en wyn by Hemel en Aarde Village op enige Saterdag tydens jou besoek aan Hermanus.

  1. Kry ’n boek by Hemingways Bookshop

Dié boekwinkel is beroemd vir die unieke dekor sowel as die talle versamelstukke wat dit bevat! Al is lees nie een van jou stokperdjies nie moet jy ten minste een keer hierdie spesiale winkel besoek.

  1. Besoek die Whale House Museum

As jy Hermanus besoek om walvisse te sien sal dit beslis ’n goeie idee wees om eers ’n draai by hierdie museum te maak.

  1. Eet seekos by Bientang's Cave Seafood Restaurant

Wat is ’n besoek aan ’n kusdorp sonder om seekos reg langs die see te geniet? Die restaurant is in ’n grot by Walker’s Bay geleë en verskaf wonderlike kos wat geniet kan word terwyl jy uitkyk oor die see.

Gesels  saam deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik op FacebookTwitter en Instagram en bly ingeskakel om te sien of Neels liefde vind in dié besonderse dorp!