Logo

Selfdoen Valentynsdag – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
14 Februarie 2021
Dit is moeilik om die dag van liefde te vier met sosiale distansiëring, maar moenie bekommerd wees nie – hier is ‘n paar lekker idees om Valentynsdag steeds, indien nie meer, spesiaal te maak nie.
Valentynsdag idees article image

Leer ‘n eksotiese dis maak

Wees avontuurlustig die Valentynsdag en maak ‘n ete saam wat julle nog altyd wou leer maak. Smul dan na die tyd saam aan julle harde werk deur ‘n mooi tafel te dek en kerse aan te steek.

Maak iets klein

Daar is soveel meer persoonlike idees vir geskenke as sjokolade en koopbewyse. Maak ‘n handgemaakte kaartjie met ‘n mooi boodskap of maak ‘n speellys van julle gunsteling musiek.

Pannekoek-piekniek

Maak ‘n buffet van pannekoeke en al die verskillende vulsels waaraan jy moontlik kan dink! Soet en Sout is hier ewe lekker – so wees kreatief!

Marathon-kyk iets op Showmax

Wat is dan nou ‘n beter manier om die liefde te vier as met liefde? Showmax het ‘n groot verskeidenheid van romantiese films. Gaan maak springmielies, kry die lekkernye bymekaar en spandeer die dag saam met jou geliefde op die bank.

Daar is soveel opsies en moontlikhede om dié Valentynsdag uniek en spesiaal te maak. Dit verg net bietjie beplanning en kreatiwiteit om jou geliefde bietjie te bederf.

Skakel elke Donderdagaand om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou op kykNET, kanaal 144. Maar moet ook nie vergeet om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel