Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7

Sara se Geheim is terug!

Nuus
01 Augustus 2019
Jy het reg gehoor!
SaraSeGeheim3-848

kykNET, met ondersteuning van tvplus, bevestig dat Sara se Geheim 3 in 2020 op kykNET uitgesaai word.

Sara se Geheim is ’n dramareeks (oorspronklik as ’n sepie ontwikkel) wat in en om Athlone en Durbanville afspeel. Sara Abrahams, wat swaar dra aan ’n geheim wat sy 35 jaar gelede moes vertel om haar oudste seun (Johan oftewel Johnny) se lewe te red, is die persoon wat die Cloetes, Kiewietse en die Vermeulens saambind. Sara bewaar nie net haar eie geheim nie, maar ook dié van haar kinders.

Aanhangers van dié reeks het gereeld navraag gedoen by kykNET oor wanneer hulle ‘n volgende seisoen kan verwag. Daar word reeds vanaf vroeër die jaar aan die reeks geskiet.

Kykers kan drama, intrige, dood en selfs ’n troue in die nuwe seisoen van dié gewilde drama verwag. Vir diegene wat nuuskierig is oor wat voorlê in die nuwe reeks – hier’s solank ietsie om die nuuskierigheid te prikkel:

Ná Kelvin sterf, dwing Maggie se onvermoë om haar eie foute raak te sien haar om van die misdaadtoneel te vlug. Sy broer se dood los vir Aiden met ongekende woede en agressie.  Hy is desperaat om Maggie op te spoor; hy voel sy moet betaal vir haar wandade. Johnny het simpatie met haar en voel sy was ’n desperate moeder wat haar familie teen haar vorige man wou beskerm. Maggie se verdwyning veroorsaak onenigheid en chaos in haar familie. Die mense sê: ‘bloed kruip waar dit nie kan loop nie’Familiebande bind ons, maar kan ons ook breek as hulle ons dwing om teen 'n ingebore sin van reg en verkeerd te handel. Gaan Maggie se wandade haar familie breek of dwing om saam te staan?  Sal geregtigheid geskied?

Lees die volle onderhoud met die vervaardigers van Sara se Geheim in die nuutste uitgawe van tvplus, nou op die rakke.