Logo
web uni tv guide

Safari 4x4-Roetes

144LeefstylPG

Safari 4x4 Roetes baljaar binne SA se grense

Nuus
15 Maart 2016
Safari 4x4 Roetes slaan vanjaar, met die program se negende seisoen, ’n nuwe roete in deur op safari’s binne Suid-Afrika se grense te fokus.
Safari 4x4 Roetes Nuus

Safari 4x4 Roetes slaan vanjaar, met die program se negende seisoen, ’n nuwe roete in deur op safari’s binne Suid-Afrika se grense te fokus.

Baie mooi plekke is binne ons bereik, en jy het nie ’n paspoort nodig om dit te sien nie.

Gedurende die afgelope agt seisoene van Safari 4x4 Roetes het aanbieder André de Villiers, 4x4-spesialis, Angola en Namibië saam met Petri de Wet, aanbieder van die kykNET-hengelprogram Hier gaan ons alweer, aangedurf.

Petri gaan weer op reis saam met André, wat hom na die land se viswaters gaan neem, terwyl hy moeilike 4x4-roetes aandurf en hom die fynere kunsies van 4x4-ry leer. Petri gaan hopelik op sy beurt vir André die fynere kunsies van visvang leer!



Petri moet egter eers vir André wys hy is gereed om saam met hom op safari te gaan. Ons reis saam met hulle na die 4x4-baan by Rust de Winter, om te kyk hoe Petri met sy Amarok-bakkie vaar.

Nie net gaan Petri hindernisse moet aandurf nie, maar ook ’n berugte rots met die naam “Superman”. Daarna gaan kamp hulle om al die toerusting te toets voor hulle Suid-Afrika deurkruis.

Kyk Safari 4x4 Roetes, vanaf 4 April 2016 elke Maandag om 17:30.

Kontak André de Villiers by [email protected] of 082 8007743.