Logo
web uni tv guide

Slank

144LeefstylPG

Rus in vrede, Jimmy Abbott

Nuus
22 Maart 2021
Jimmy Abbott, is Sondagaand aan ‘n onverwagte hartaanval oorlede.
Jimmy Abbott in the ring

Die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewig bokskampioen, Jimmy Abbott, is Sondagaand in sy huis in Heidelberg aan ‘n onverwagte hartaanval oorlede.

Hy was 61 jaar oud. Jimmy was die jongste Suid-Afrikaanse swaargewig bokskampioen en het die negende plek op die wêreld-ranglys beklee.
Jimmy Abbott wat in 2003 ‘n beroerte gehad het, het deur die jare met sy gesondheid gesukkel, en het drie hartaanvalle daarna oorleef.

In sy latere lewe het Jimmy Abbott homself as evangelis aan die Christelike godsdiens gewy en sy eie bediening, die Jimmy Abbott Ministries, gestig. Deur hierdie bediening het hy met sy eie getuienis baie ander se lewens aangeraak.

Hy was een van die deelnemers aan die program Slank op kykNET wat komende Sondagaand sy laaste uitsending van die huidge reeks beleef en baie gewild onder die ander deelnemers. Hy het hierdie geleentheid met entoesiasme aangegryp om ‘n leefstylverandering te maak. Sy gesondheid het tydens die opname van die reeks baie verbeter en hy en sy eggenote, Annette, het juis na die uitsending van Slank gekyk net voor die hartaanval.

Dit is hartseer om hierdie legende te moet groet enkele dae voor die einde van hierdie reeks waaraan hy hom hart en siel gewy het.
Die Slank-span en kykNET dra hul innige meegevoel oor aan Jimmy se vrou, Annette, wat hom deurgaans, ook tydens die reeks, van harte ondersteun het.