Logo
MMF

Rotas The Rapper se Maak My Famous-reis eindig

Nuus
28 Mei 2020
In gisteraand se skok-wending op Maak My Famous het die talentvolle rymkletser Rotas The Rapper besluit om die geld te neem en die kompetisie te verlaat om sy studies te voltooi.
MMF Ep 5 Article Image

Dis toe Emo Adams, aanbieder van Maak My Famousgisteraand die seisoen 2 deelnemers verras met die Geld of Geleentheid-segment waar vier uit die vyf deelnemers, wat deur is na die Top 10, besluit het om die geleentheid aan te gryp en in die kompetisie aan te bly.

In die Geld of Geleentheid-segment word die kategorie-wenners van die aand ‘n kotantbedrag van R20 000 aangebied. Hulle moet dan besluit of hulle die kontant van die hand wil wys en aanbly in die kompetisie, of eerder die kontantbedrag wil neem en hul plek in die kompetisie prysgee. Rotas The Rapper het almal geskok toe hy dié moeilike besluit geneem het deur die geld te vat sodat hy weer op sy studies kan fokus. Hy is tans ’n eerstejaarstudent by die Universiteit van Stellenbosch waar hy Drama & Teaterstudies studeer.

“Dit was alles baie intense vir my. ’n Klomp emosies en dit was moeilik. Ek was so vasbeslote en ek het so sterk gevoel om dit nog baie ver te maak in die kompetisie, want niemand skryf in vir ’n kompetisie om tweede of derde plek te kom nie. Ek het so baie vertroue gehad in myself dat dit my deurbraak is en dat ek die kompetisie sal wen, maar dit was nie die case nieDit was by ver die moeilikste besluit wat ek moes maak,” sê hy. 

Sy plek in die TOP-10 was toe outomaties deur Reggie B van Rawsonville gevul. Reggie B het onlangs opslae gemaak met sy kolletjie i optrede: 

“Ek het dit glad nie verwag nie want, een oomblik is ek uit die show en toe word ek teruggeroep verhoog toe om Rodney se plek in die Top 10 in te neem. Daar was ’n oomblik wat ek dit net nie kon glo nie en wou huil, die oomblik was net te groot,” vertel Reggie B. 

Emo sê hy was geskok oor Rotas The Rapper se besluit, maar hy weet hy het dit gedoen vir die regte redes. “Hy het ’n beurs so hy het nie net die geleentheid om uit sy eie te gaan studeer nie. Ek dink dit was die regte besluit vir hom en ek is baie trots op hom,” sê Emo. 

Hier is die ander deelnemers wat deur is na die Top 10.

Gideon Lottering van George.

“Ek is super trots om deel te wees van die Top 10 van Maak My Famous! Dit was baie tough en emotional om aan amazing talente soos Rotas The Rapper en Spinksie totsiens te sê, maar dis nie die einde nie, ons sien julle gou weer! Ek kan net aan God dankie sê dat ek dit tot so ver gemaak het, maar ek is ook baie opgewonde vir wat vorentoe in die kompetisie vir ons wag,” vertel Gideon.

Nicoleen Saal van Ocean View.

“Top 10 is regtig nie wat ek verwag het nie ek was 'n regte cry baby toe my naam genoem was. Dit voel nog steeds soos ’n droom,” vertel Nicoleen.

Henrico Coetzer van Johannesburg

“Top 10!! My droom is besig om in ’n werklikheid te verander. Hierdie journey raak net al hoe meer exciting!” sê Henrico.

Herton Josephs van Kuilsrivier

“Ek voel ek kon baie beter gedoen het, maar ek is steeds trots op myself. Ek is reg om dans regoor Suid-Afrika te represent. Dans is al wat ek wil doen,” sê Herton.

Maak My Famous word Woensdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en 21:00 op kykNET & kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai.